Menu terloops

Break Point S1

Op Netflix [Gepubliseer op 13 Jan 2023]


‘Break Point’ is ’n dokkiereeks wat draai om ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Anders gestel: dié reeks poog om die ‘Drive to Survive’ van tennis te wees.

Break Point S1
Kyk lokprent

Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld. Dit fokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp veral lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis –  meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word.

Die reeks is deur dieselfde span as F1: Drive to Survive saamgestel en handhaaf dus ’n soortgelyke vlak emosie, drama en adrenalien.

Vanaf 13 Januarie beskikbaar om te stroom.

Soortgelyk: 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies