Menu terloops
In Gons [12 Jun 2025]

‘Bravo!’ soek na Suid-Afrika se stylikoon 


By elke rooitapyt-, bekendstelling- of glansgeleentheid is daar style wat kom en gaan. Juis daarom soek kykNET se gewilde tydskrifprogram ‘Bravo!’ en Revlon na Suid-Afrika se stylikoon.

‘Bravo!’ soek na Suid-Afrika se stylikoon 

“Styl gaan oor veel meer as net klere,” sê Bravo!-aanbieder Ewan Strydom. “Dis hoe jy praat, beweeg, leef, onthaal en jouself onberispelik uitleef. Dis die hele pakket – die soort vrou wat ander inspireer deur haar outentieke teenwoordigheid.”

Volgens Ewan is die vroue wat as die Bravo! Revlon Stylikoon benoem gaan word nie noodwendig voltyds in die kollig en alombekend nie. Hulle is wel in die openbare oog en besig om hul merk op die wêreld te laat – met styl.

Die keuringsproses is nou in volle swang en kykNET het ’n paneel van gerekende kenners saamgestel om vier finaliste uit verskeie benoemings te kies. 

Die paneel

Die paneel bestaan uit ’n uiteenlopende groep foendies:

  • Jo-Ann Strauss – voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou
  • Fanie Cronjé – SARIE-stylredakteur en modekenner
  • Lucilla Booyzen – stigter van SA Modeweek
  • Jackie Burger – voormalige Elle-redakteur
  • Heather Goate – bemarkingsredakteur van Revlon
  • Desiree Tan – kykNET se toesigvervaardiger van Bravo!
  • Paul Venter – vervaardiger van Bravo!
BRAVO STYLIKOON
Lucilla Booyzem, Jo-Ann Strauss, Desiree Tan, Fanie Cronjé, Heather Goate en Ewan Strydom. Foto (en hooffoto): Gys Loubser

Die eerste groot stap op hierdie reis het Dinsdag tydens ’n paneelgesprek plaasgevind waar die beoordelaars hul eerste insae gehad het oor wie die potensiaal het om as dié stylikoon gekroon te word. 

“Ons sien uit daarna om die stories van hierdie dinamiese vroue te deel,” sê Ewan. “Elke insetsel wat ons oor die volgende paar maande gaan bring, bied kykers ’n insig in die lewe en styl van die vier finaliste. Van hoe hulle aantrek tot hoe hulle hulself grimeer, en natuurlik hoe hulle hul unieke styl in die wêreld uitdra.”

Reis ook op TV uitgesaai

Die vier finaliste sal in afsonderlike episodes van Bravo!, wat op Donderdae om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitsaai, op die volgende episodes bekendgemaak word: 24 Julie, 21 Augustus, 18 September en 16 Oktober. Die wenner sal tydens ’n glansgeleentheid in Kaapstad op 13 November aangekondig word. 

“Ons droom is dat hierdie projek sal groei tot ’n jaarlikse instelling met meer kategorieë,” sê Ewan. “Dis tyd dat ons vroue wat met styl en dryfkrag leef, behoorlik vier.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies