Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Sep 2022]

‘Binnelanders’ se Cindy Swanepoel oor die 80s en al die lekker tye op stel van ‘Dina Dagbreek’


‘Binnelanders’ se über-feeks, Cindy Swanepoel, neem ’n heel ander (laggende) rol in as Dina Malan in die splinternuwe komediefilm, ‘Dina Dagbreek’.

Deur Watkykjy
‘Binnelanders’ se Cindy Swanepoel oor die 80s en al die lekker tye op stel van ‘Dina Dagbreek’
Kyk lokprent

Cindy Swanepoel se liefde vir toneelspel het op die planke begin en ná haar rol as Meisie Moolman in Ballade vir ‘n Enkeling (die 2015-fliek) het meer deure begin oopmaak. Sy is meestal bekend as die knoeiende feeks, dr. Annelize Roux, in Binnelanders. Cindy is ook egter skreeusnaaks as dit by komedie kom, so dis geen wonder dat sy die rol van Dina Malan in Adri Britz se nuwe film Dina Dagbreek losgeslaan het nie. Die verhaal volg Dina se eerste dag terug op die stel van die gewilde 1980’s ontbytprogram, Goeiemôre my Sonskyn, ná ’n skande haar gedwing het om die program te verlaat. terloops het met Cindy oor dié nuwe Afrikaanse fliek gesels.

Dink jy jou karakter, Dina Malan, sou in vandag se tyd beter af gewees het? 

“Wat vir my interessant van die tagtigs is, is dat die vroue wat nuus gelees het, so bietjie van ’n laer stemtoon gehandhaaf het. Ek het gehoor (en ek weet nie of dit waar is nie) dat die vroue dit gedoen het om meer ernstig opgeneem te word, want dit was destyds pretty much a man’s world. Daarom het ek Dina se stem ’n bietjie laer gemaak het as sy op kamera is. Ek dink nie dit sou lekker gewerk het in vandag se tyd nie want mense sou dink ‘wat steek sy weg?’ en ek dink ook vroue word vandag meer ernstig opgeneem. Ek dink sy sou met ander dinge geworstel het.”    

Dis asof jy twee karakters in een speel – dié van Dina voor duisende kykers by die huis en dié van Dina as die nuuskamera ophou rol. Ek merk op dat jy dit veral vermag met jou wisselende stemtoon. Wat gebruik jy verder om tussen die twee te verander?

“Ek is baie bly dat jy kon sien dat ek tussen hierdie twee wêrelde, die twee personas wat sy aanneem, speel. Natuurlik is die een waar sy nuus lees en dan in haar persoonlike hoedanigheid. Soms is al wat jy as akteur nodig het, ’n mannerisme of ’n stemtoon. Daar is nie veel meer daaraan nodig nie. As jy die onderskeid tussen die twee kon sien, is dit al wat ek nodig het, want Dina bly Dina. Sy is steeds ’n emosionele mens, steeds daardie persoon wat in die tronk was en seer kan kry en as die kameras rol, kom haar karakter uit.”         

kykNET se Storiefilm-projek is aanvanklik geloods met die doel om werksgeleenthede in die plaaslike filmbedryf tydens die Covid-19 pandemie te skep. Het ons regtig ’n pandemie nodig gehad vir só projek om af te skop? Of dink jy dit is ’n geval van iemand sou weldra met die idee opgekom het?  

“Ek is dankbaar as hierdie film as gevolg van Covid-19 geskep is, want ek was onbewus daarvan. Almal kry uiteindelik maar soort van dieselfde idee, dink ek. Die plan word dalk net op ’n ander wyse uitgevoer. Jy kan vir tien mense dieselfde idee gee en almal sal iets anders daarmee maak. As die storie vertel moes word, sou dit vertel geword het.”     

Julle is nogal ’n sterk groep van gesoute komedie-akteurs. Dink jy die feit dat meeste van julle vriende is, dit die produksie gladder laat verloop het? 

“Dit was ’n baie groot voordeel dat ons ’n klomp akteurs is wat ondervinding het in komedie en veral improvisasie en dat meeste van ons al almal saam gewerk het. Ek en Hannes en Melt en Neels kom nogals ’n lang pad saam. Ek het al so baie by hulle geleer. Om almal so bymekaar te kom, werk net lekker. As jy komedie mooi verstaan, weet jy ook dat jy iemand baie maklik kan upstage en almal het vir mekaar ruimte gegee. Ons het geweet as dit daardie persoon se oomblik is om te skitter. Niemand het dit weggevat van iemand anders nie. Dit gaan daaroor om te verstaan, om te luister en om te reageer en kanse te waag. Om goed te probeer en om simpel te wees. Vertroue in mekaar is ook baie belangrik.”        

Enige uitstaan-oomblikke wat jy met ons wil deel? 

“Ek dink my uitstaan-oomblik was met die skiet van die heel eerste toneel. Ons was nie op ’n geslote stel nie, so almal kon sien wat jy doen. Almal se oë is op jou en almal is super-opgewonde. Jy moet nou jou mond oopmaak en dit is nou hoe die karakter vir die eerste keer klink. Dis scary, want jy hoop jy doen nou die regte ding en jy klink reg. Dis altyd so daunting om die heel eerste woorde van enige teks hardop te sê, maar dis terselfdertyd so opwindend.”      

Dina Dagbreek het dadelik ’n visuele, nostalgiese impak. Die kortfilm-storielyn en drama ter syde gestel, dink jy nie Suid-Afrika kort ’n regstreekse komiese Afrikaanse ontbytprogram met hedendaagse nuus, aktualitiet, weer, aerobics en kookinsetsels met so ’n 80s-inslag nie? 

“Joh! Ek dink definitief ’n hedendaagse Goeiemôre Suid-Afrika sal ’n fantastiese idee wees.  As dit só goed gewerk het, hoekom sal dit nie weer werk nie? Ek dink nie ’n mens moet te veel verander aan ’n wenresep nie. Ek moet wel die aanbieder wees, anders wil ek nie hê die program moet ooit gebeur nie! En ek wil die aerobics-klasse aanbied, aangesien ek so lief is vir fiksheid. Ek wou ook nog altyd die weather girl wees en dan afhangende van die weer of ’n sambreel vashou of ’n bikini dra!”              


Dina Dagbreek saai 17 September om 20:00 uit op op kykNET. Hou kykNET dop vir nog uitsaaidatums.

Jy kan Cindy ook te sien kry in:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies