Menu terloops
In TV [5 Aug 2026]

‘Beter as Gister’ se Elton Landrew oor verlies en tweede kanse


Die gesinsdrama ‘Beter as gister’ roer met diep menslike stories wat eerlik en aangrypend vertel word. Die akteur Elton Landrew gesels oor dié reeks en sy karakter, Tariq Cupido.

Deur Redaksie
‘Beter as Gister’ se Elton Landrew oor verlies en tweede kanse

In TV-skeppers Corné en René van Rooyen se Beter as Gister, vertolk die akteur Elton Landrew – bekend vir sy rolle in onder meer Spinners en Finding Optel – die rol van Tariq Cupido, ’n afgetrede polisiebeampte en wewenaar. Hy is jare tevore van sy dogter vervreem, maar as sy onverwags sterf, bevind hy homself in ’n situasie waar hy ’n verhouding moet bou met sy eiewyse kleindogter, sesjarige Katinka (Alexis Newman). Dis ’n uitdaging wat hom stadig maar seker so ver kry om weer sy hart oop te maak.

Wat beteken dit vir jou om deel te wees van Beter as gister?

Beter as gister
Elton Landrew saam met Alexis Newman, wat sesjarige Katinka vertolk. Foto’s: Skermgrepe

“Dit was so ’n wonderlike, onvergeetlike ervaring om saam met die uitstekende regisseurs Corné en René van Rooyen te werk, wie se passie en visie hierdie pragtige storie lewe gegee het. Om saam met die ongelooflike rolverdeling, asook ons span en produksiespan te werk, is ’n herinnering wat ek altyd sal koester.

“Die kinders wat op die stel was, verdien spesiale vermelding – veral Alexis Newman, wat kykers se harte gesteel het.

“Ek haal aan uit een van die uitstekende artikels wat oor die reeks verskyn het: ‘Die storie word in Afrikaans vertel, maar die temas handel oor vaderskap en familiebande wat universeel is.’ En om te weet ek was deel daarvan is ’n voorreg en ’n eer.”

Watter ooreenkomste sien jy tussen jou karakter in die reeks en wie jy in die werklike lewe is? Is daar enige waardes of lewenservarings wat jy na die rol toe kon bring?

“Ek het nie my eie kinders nie, maar ek was bevoorreg genoeg om my oorlede suster se twee seuns te help grootmaak tot die jong manne wat hulle vandag is.

“Om hul oom te wees, beskou ek as een van my grootste seëninge, en dit het my gehelp met die voorbereiding vir die rol wat ek in die reeks vertolk.”

Wat hoop jy leer kykers uit jou karakter se storie?

“Die boodskap is ’n universele een wat gaan oor verlies, berou, veranderinge en moeilike uitdagings. Of dit teenoor onsself is, in die lewe, of veral met geliefdes, kan die les wees dat dinge altyd ‘beter as gister’ gemaak kan word as ons bereid is om die nodige tyd in te sit en te leer hoe om môre beter te maak.”


Beter as Gister saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies