Menu terloops

Bel-Air S1

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Apr 2022]


‘Bel-Air’ is die storie van ’n straatwys-tiener wie se lewe onherroeplik verander as hy vanaf ’n werkersklas-woonbuurt in Philadelphia na een van die rykste voorstede in Los Angeles verhuis.

Kyk nou

Bel-Air S1
Kyk lokprent

Bel-Air is ’n herverbeelding van die gewilde sitkom Fresh Prince of Bel-Air, eerder as ’n reboot.

Die nuwe weergawe draai wel steeds om die akteur Will Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles.

Maar nou is dit alle grappe op ’n stokkie. Sien, Bel-Air is ’n dramareeks en in realisme, eerder as lawwigheid, gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem. 

Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is, met die nuweling-akteur Jabari Banks as Will. 

Kyk dit nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies