Bel-Air is ’n herverbeelding van die gewilde sitkom Fresh Prince of Bel-Air, eerder as ’n reboot.
Die nuwe weergawe draai wel steeds om die akteur Will Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles.
Maar nou is dit alle grappe op ’n stokkie. Sien, Bel-Air is ’n dramareeks en in realisme, eerder as lawwigheid, gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem.
Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is, met die nuweling-akteur Jabari Banks as Will.
Kyk dit nou op Showmax.