Menu terloops

Becoming Elizabeth S1

Op Showmax [Gepubliseer op 17 Jul 2023]


‘Becoming Elizabeth’ is ’n historiese dramareeks, geskep en geskryf deur die Britse dramaturg, Anya Reiss.

Kyk nou

Becoming Elizabeth S1
Kyk lokprent

Becoming Elizabeth volg die jonger jare van Elizabeth Tudor as ’n tiener wat in die politieke – en seksuele – politiek van die Engelse hof gewikkel raak soos sy opgang maak om uiteindelik die troon as koningin te bestyg.

Die bekroonde Duitse aktrise, Alicia von Rittberg (sy dra, terloops, werklik die titel van gravin), speel die jong Elizabeth. 

Die eerste seisoen van dié periode-dramareeks het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici-konsensus lui: “Becoming Elizabeth vind vars drama in die Tudors deur die fokus na die koninklike hof se web van spinnekoppe te verskuif.”

Von Rittberg se vertolking is deur die bank geprysn – só ook die skryfwerk op die reeks. Die resensent Andrew Male van die Times (UK) skryf: “Die storie word goed vertel, danksy ’n draaiboek met kompleksiteit in elke aksie, en wonderlike vertolkings.”

Ook in die rolverdeling is Belle Ramsay (Game of Thrones, The Last of Us) en Thomas Cullen (Downton Abbey, Knightfall).


Stroom vanaf Maandag, 17 Julie 2023, op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies