Menu terloops

Beckham

Op Netflix [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


In Netflix se ‘Beckham’ span die Oscar-wenners Fisher Stevens en John Battsek kragte saam om dié sokkerspeler se verhaal te vertel.

Beckham
Kyk lokprent

David Beckham is sekerlik een van die bekendste sportsterre ter wêreld én van alle tye. In Netflix se Beckham, ’n vierdelige dokkiereeks, span die Oscar-wenners Fisher Stevens en John Battsek kragte saam om dan dié sokkerspeler se verhaal te vertel.

Stevens, bekend vir The Cove, en Battsek, bekend vir onder meer Searching for Sugar Man, is hier ongeëwenaarde toegang tot Beckham, sy vrou, Victoria, familie, vriende en spanmaats gegee.

Dis die samekoms van al dié stemme wat van dié storie ’n intieme vertelling maak; ’n gedetailleerde portret van dié speler en mens.

Dit plaas sy opgang vanaf nederige, werkersklas-wortels na ’n wêreldwye sokkerfenomeen en ikoon ook in konteks van moderne celeb-kultuur wat veral fel op sokkerspelers in Engeland val. 

Dié storie is ’n dikwels verrassende tuimeltreinrit.


Beskikbaar op Netflix

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies