And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King.
Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie!
Daar was heelwat omstredenheid oor een van die oorspronklike karakters, Samantha (Kim Cattrall) wat nie vir die spin-off teruggekeer het nie.
Ook in die rolverdeling van And Just Like That is Sara Ramírez, Sarita Choudhury en Nicole Ari Parker.