Menu terloops

American Gigolo S1

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Feb 2023]


Jon Bernthal se magnetiese vertolking as Julian Kaye maak die TV-weergawe van ‘American Gigolo’ die kyk werd. Stroom dit op Showmax.

Kyk nou

American Gigolo S1
Kyk lokprent

American Gigolo is gegrond op die ikoniese gelyknamige 1980-film deur die Oscar-benoemde Paul Schrader.

Die storie draai om Julian Kaye – die American gigolo van die titel. Julian is destyds tronk toe gestuur vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Sowat 15 jaar laat word hy dan vrygespreek. Die storie volg sy pogings om die stukke van sy lewe op te tel terwyl die speurder wat hom agter tralies gesit het, werk om die raaisel wat tot sy aanhouding gelei het, te ontsyfer.

Die hoofrol word deur Jon Bernthal van We Own This City vertolk.

Vanaf 6 Februarie op Showmax beskikbaar om te stroom.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies