Menu terloops

American Auto S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


Die komediereeks ‘American Auto’ het volpunte op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit is nou op Showmax.

Stroom aanlyn

American Auto S1
Kyk lokprent

Die komediereeks American Auto, geskep deur Superstore (ook op Showmax) en The Office se Justin Spitzer, speel af in die kantore van Payne Motors, ’n sukkelende motorhandelaar in Detroit.

Hier verkeer die corporate execs by ’n kruispad:  of hulle verander met die tye of hulle sluit hul deure.

Gelukkig is daar ’n nuwe grootbaas wat hulle uit die penarie kan help… Behalwe dat sy absoluut niks, maar niks oor karre weet nie. 

American Auto het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met Globe and Mail wat dit beskryf as ’n “dolle satire oor corporate life . . . Waar bestuurders daagliks wys dat hulle niks weet nie . . .”

Die rolverdeling sluit die skreeusnaakse Ana Gasteyer (Saturday Night Live), Jon Barinholtz (Superstore se Marcus) en Harriet Dyer (Colin From Accounts) in. 


Beskikbaar op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies