Menu terloops

Colin From Accounts S1

Op DStv [Gepubliseer op 16 Jun 2023]


‘Colin From Accounts’ is ’n lieflike Australiese komediereeks met die twee hoofspelers wat ’n fantastiese chemie deel.

Kyk nou

Colin From Accounts S1
Kyk lokprent

“Regtig nogal wonderlik.” Dít is die eenvoudige, maar hoë lof vanaf The Guardian se Lucy Mangan oor die Australiese komediereeks, Colin From Accounts. 

Dié reeks is geskep en geskryf deur die egpaar Patrick Brammall en Harriet Dyer, wat dan ook die hoofrolle vertolk.

Colin From Accounts speel af in Sydney, Australi. Dit storie draai om twee enkellopendes, Ashley (Dyer) en Gordon (Brammall), wie se lewens deur ’n motorongeluk – en ’n beseerde hond – omgedolwe en vandaar onlosmaaklik verweef word.

Dalk is dit omdat hulle ook in die “regte lewe” getroud is, maar die chemistry tussen Dyer en Brammall is tasbaar en dra mildelik by tot die lieflikheid van dié moderne romanse. The Times (UK) se Ben Dowell beskryf dit so: “Dit sing sy eie vreemde en bekoorlike liedjie, hoofsaaklik te danke aan ons sentrale paar se fantastiese chemie.”

Geen wonder dit het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes nie.


Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies