Menu terloops

Colin From Accounts S1

Op DStv [Gepubliseer op 16 Jun 2023]


‘Colin From Accounts’ is ’n lieflike Australiese komediereeks met die twee hoofspelers wat ’n fantastiese chemie deel.

Kyk nou

Colin From Accounts S1
Kyk lokprent

“Regtig nogal wonderlik.” Dít is die eenvoudige, maar hoë lof vanaf The Guardian se Lucy Mangan oor die Australiese komediereeks, Colin From Accounts. 

Dié reeks is geskep en geskryf deur die egpaar Patrick Brammall en Harriet Dyer, wat dan ook die hoofrolle vertolk.

Colin From Accounts speel af in Sydney, Australi. Dit storie draai om twee enkellopendes, Ashley (Dyer) en Gordon (Brammall), wie se lewens deur ’n motorongeluk – en ’n beseerde hond – omgedolwe en vandaar onlosmaaklik verweef word.

Dalk is dit omdat hulle ook in die “regte lewe” getroud is, maar die chemistry tussen Dyer en Brammall is tasbaar en dra mildelik by tot die lieflikheid van dié moderne romanse. The Times (UK) se Ben Dowell beskryf dit so: “Dit sing sy eie vreemde en bekoorlike liedjie, hoofsaaklik te danke aan ons sentrale paar se fantastiese chemie.”

Geen wonder dit het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes nie.


Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies