Menu terloops

Am I Being Unreasonable? S1

Op Ander [Gepubliseer op 6 Jul 2023]


‘The Telegraph’ gee dié komedieriller vyf sterre en skryf: “Am I Being Unreasonable? is miskien die mees eiesoortige reeks wat jy die hele jaar gaan sien, so gordel jouself vas en geniet die wilde rit.” 

Am I Being Unreasonable? S1
Kyk lokprent

Die reeks draai veral om temas van obsessiewe vriendskap en paranoia tussen twee vroue, en wys – met vlymskerp humor – hoe vinnig ’n lewe kan verander. Of selfs ontrafel. 

Am I Being Unreasonable? is geskep en geskryf deur die real-life besties Selin Hizli (Appropriate Adult en Grantchester) en Daisy May Cooper (BAFTA-wenner vir This Country).

Cooper vertolk die rol van Nic, ’n voorstedelike ma wat in ’n groef vasgevang is. Sy is keelvol vir die oppervlakkige gesprekke met haar skoonmaker, Viv, en voel vasgekeer in haar huwelik (en slegte seks) met haar man, Don. Sy is lief vir haar seun, Ollie, maar, helaas, sy soek meer uit die lewe.

Toe raak haar kat boonop weg. Dan daag ’n sielsgenoot op in Jen (Hizli). Maar Jen laat ook Nic se donkerste geheime na die oppervlak dobber…

The Telegraph gee dié komedieriller vyf sterre en skryf: “Am I Being Unreasonable? is miskien die mees eiesoortige reeks wat jy die hele jaar gaan sien, so gordel jouself vas en geniet die wilde rit.” 

The Guardian beskryf Daisy May Cooper as “absurd briljant” en Independent sê beide se uitbeelding van hul karakters is foutloos.

Am I Being Unreasonable? bestaan uit ses aflewerings en is eksklusief op BritBox beskikbaar.


Vanaf Donderdag 6 Julie 2023 op BritBox beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies