Menu terloops

After the Trial S1

Op Showmax [Gepubliseer op 29 Mei 2023]


‘After the Trial’, ’n Australiese misdaadrillerreeks, speel met die menslike tendens om ons belangrikste besluite in twyfel te trek.

Kyk nou

After the Trial S1
Kyk lokprent

After the Trial – ook in sekere lande as After the Verdict bekend – draai om vier jurielede wat, nadat die hofsaak waarin hulle ’n vrou van moord vrygespreek het tot ’n einde kom, wonder of hulle die regte besluit gemaak het. Die viertal besluit dan om hul eie ondersoek van stapel te stuur. Hulle is egter geensins voorbereid op hoe hul lewens uiteindelik daardeur omgedolwe word nie.

Die premis van dié Australiese drama is een wat wys op die feilbaarheid van die mens en ons besluite.

Onder die rolverdeling tel Sullivan Stapleton (Strike Back, ook op Showmax), en Tess Haubrich (Spiderhead).


Vanaf Maandag, 29 Mei 2023, op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies