Menu terloops

A Discovery of Witches S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Mar 2022]


Al drie seisoene van die gewilde sci-fi- en fantasiereeks, ‘A Discovery of Witches’, is nou op Showmax.

Kyk nou

A Discovery of Witches S1-3
Kyk lokprent

A Discovery of Witches is gegrond op die skrywer Deborah Harkness se All Souls-trilogie.

Die reeks se derde, en laaste, seisoen, is nou op Showmax beskikbaar.

ʼn Historikus (en teësinnige heks) Dianna Bishop (vertolk deur Teresa Palmer) ontdek ʼn betowerde manuskrip in Oxford se Bodleaian-biblioteek. Ten spyte van die oeroue wantroue tussen hekse en vampiere, moet sy met die charismatiese vampier en genetikus, Matthew Clairmont (Matthew Goode) kragte saamspan.

Palmer en Goode het onteenseglike chemistry. Daarmee saam sorg ʼn spul interessante karakters vir avontuur en romanse wat teen ʼn vinnige pas ontvou.

Die eerste seisoen speel af in moderne Oxford. In die tweede seisoen reis die twee geliefdes deur tyd, terug na Elizabethaanse-Londen. Die derde seisoen begin sommer met tragedie as Dianna en Matthew uit die verlede na die hede terugkeer.

Kyk al drie seisoene van A Discovery of Witches op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies