Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Egoli: Plek van Goud


Oor 18 seisoene en 4,686 episodes, het Franz Marx se karakters amper soos huisgaste geword in die sepie Egoli.

Kyk nou

Egoli: Plek van Goud
Kyk lokprent

In 1992 het Suid-Afrika se eerste tweetalige (Engels/Afrikaans) sepie sy debuut op M-Net gemaak. Skepper Franz Marx se Bold and the Beautiful-esque karakters het later amperse huisgaste geword soos daar oor 18 jaar stories van kullery, etlike affairs, troues en egskeidings en nog troues, kultusse en ’n boef by name van Spider (Wilson Dunster), vertel is.

Ook in die rolverdeling was onder andere David Vlok as slinkse Tim, Tiffany Kelly se moenie-met-my-mors-nie-Sonet en Shaleen Surtie-Richards as Marlboro Mansions se woelige opsigter.

Kyk dit op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies