Menu terloops

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n moet-kyk-sportdrama wat jou vasgenael hou – amper soos die laaste vyf minute van ’n Springbok-rugbywedstryd teen Engeland met ’n gelykoptelling.

Kyk nou

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1
Kyk lokprent

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n sportdrama wat deur HBO vervaardig is.

Die storie draai om die Lakers-basketbalspan se ware mars – voortwaarts en opwaarts – in die 1980s. Dit vertel dus die stories – in fiktiewe formaat – van die spelers, afrigters en gebeure wat daartoe gelei het dat die Lakers steeds onder die mees gerespekteerde sportspanne ter wêreld is.

Die konsensus op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is dat die vertelling oor die daarstel van die Lakers-dinastie – op en van die baan af – ’n “slam dunk” is. Winning Time het ’n punt van 84% op dié webwerf en is ook reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Winning Time se sterbelaaide rolverdeling word gelei deur die Oscar-benoemde John C. Reilly en Jason Clarke (Mudbound), met nuwelinge Quincy Isaiah en Solomon Hughes wat die legendariese spelers Magic Johnson en Kareem Abdul-Jabbar vertolk. DeVaughn Nixon (Snowfall, Runaways) vertolk die rol van sy actual pa, NBA-ster Stormin’ Norman Nixon. Oscar-wenners Sally Field en Adrien Brody maak ook deel van die akteurspoel uit.

Stroom vanaf 1 Junie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies