Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.
Joos (24) bedryf ’n gemengde boerdery by Bothaville in die Vrystaat. Deur dié seisoen hoop hy om sy kring groter te maak en iemand besonders te ontmoet.
Joos sien homself as ’n hardwerkende boer wat sy geloof, familie en naastes koester. Volgens hom het hy ’n rustige geaardheid, maar hy maak graag grappies en geniet ander mense se geselskap. Saaiboerdery, trekkers en plaasmasjinerie maak hom opgewonde, terwyl skiet, bootry en visvang sorg vir ontspanning. Omdat hy min van die plaas af kom, sien hy die reeks as ’n kans om iemand spesiaal te ontmoet.
Hy soek ’n opregte, lojale vrou met ’n goeie hart en sterk geloof wat sy beste vriendin kan wees en saam met hom ’n toekoms wil bou.
As geloof, lojaliteit en ’n toekoms saam op die plaas jou aanspreek, gebruik dié kans om vir Joos te skryf.

Skryf só in
- Besoek www.kyknet.tv.
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
- Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com.
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
- Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.







