Menu terloops
In Fokus [6 Nov 2026]

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop


Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se ‘Elke donker wolk’ verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop
Kyk lokprent

Kan twee mense wat deur dieselfde verraad gebreek is, mekaar uiteindelik genees?

Dit is die vraag aan die hart van Elke donker wolk, ’n splinternuwe mini-dramareeks wat Dinsdag 17 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Die reeks bestaan uit drie episodes en word vervaardig deur Homebrew Films. 

Elke donker wolk vertel die verhaal van Johan Joubert, wie se vrou onlangs oorlede is, en André Visagie, wat ook die verlies van ’n geliefde verwerk. Wanneer hul paaie onverwags kruis by ’n ondersteuningsgroep vir mense wat rou, ontwikkel ’n ongewone, soms ongemaklike, maar uiteindelik genesende vriendskap wat albei mans dwing om verlies, verraad, vergifnis en die verwikkeldheid van liefde in die oë te kyk.

Hul vriendskap lyk toevallig, maar is eintlik vooraf beplan. Een van die twee mans het ’n geheime agenda, terwyl die ander ’n donker geheim van sy eie koester. 

Die ander groeplede dra ook swaar aan verdriet oor mense wat hulle ontval het. 

Jarrid (Clint Aplon) en Celeste (Veronique Jephtas) het onlangs hul dogtertjie verloor. Ritz (Amor Tredoux) het oor die jare haar man en drie dogters aan die dood afgestaan. Die pastoor (Anton Treurnich), wat die groep ná sy ouers se dood gestig het, help al 20 jaar lank mense deur die rouproses, maar hy het nog nooit ’n geval soos Johan en André gehad nie.

Die reeks ondersoek universele temas soos rou, vaderskap, vriendskap en tweede kanse. Met ’n tong-in-die-kies benadering balanseer Elke donker wolk humor en hartseer op ’n manier wat eerlik, herkenbaar en deernisvol is.  

Manlike vriendskappe as tema

“Hoewel Elke donker wolk verlies en rou aanspreek, is dit uiteindelik ’n storie oor hoop, vriendskap en veerkragtigheid. Dit wys dat daar selfs in die moeilikste omstandighede steeds ’n silwer randjie te vind is,” sê die regisseur, Johannes Pieter Nel.

Die skrywer van Elke donker wolk, Marcel Spaumer, voeg by: “Met Elke donker wolk wou ons ’n storie vertel wat selde op Afrikaanse televisie gesien word – een wat manlike vriendskappe, rou en die toenemende normalisering van mans in terapie ondersoek.”

Die rolverdeling word aangevoer deur die aanbieder en akteur André Weideman (Beter as gister, Magda Louw) as Johan Joubert, en Evan Hengst (Wyfie, Suidooster) as André Visagie. Kykers sal Hengst ook onthou as Simon in die onlangse minireeks Sy, die meeue en die Heilige Gees. 

Tanja Franzsen (Diepe waters, Die nuusmakers) vertolk die rol van Jolani Joubert, met Janru Steenkamp (Niggies) as haar seun, Thomas. Ronel Geldenhuys (Wyfie, Projek Dina) is te sien as Janet.

Elke donker wolk gee ’n vars blik op verlies en wys hoe die mees onwaarskynlike mense soms die grootste bron van troos en begrip kan word. 

Elke donker wolk begin Dinsdag 17 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dié minireeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies