Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Sep 2026]

Kyk nou: Lokprent vir nuwe Deon Meyer-reeks, ‘Invisible’ terg met naelbyt-spanning


‘Invisible’, gegrond op Deon Meyer se topverkoper-roman, ‘Onsigbaar’, spog met ’n sterbelaaide rolverdeling wat die Australiese aktrise Abbie Cornish, die Skotse akteur Dougray Scott, asook plaaslike talent soos Tim Theron, Frank Rautenbach en Kim Engelbrecht insluit.

Deur Redaksie
Kyk nou: Lokprent vir nuwe Deon Meyer-reeks, ‘Invisible’ terg met naelbyt-spanning
Kyk lokprent

Die amptelike nuwe lokprent vir Invisible, die opwindende aksiespanningsreeks gegrond op Deon Meyer se topverkoper-roman, Onsigbaar, is pas vrygestel en dit blyk asof dié reeks beslis kykers op die voorpunt van hul stoele gaan hê. Die reeks van agt episodes begin Woensdag, 14 Oktober om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en sal weekliks op Woensdagaande uitgesaai word.

Invisible se rolverdeling spog met die Australiese aktrise Abbie Cornish (Limitless, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri) en die Skotse akteur Dougray Scott (The Hack, The Crow Girl), tesame met Suid-Afrikaanse talent Tim Theron (Trackers, Heart of the Hunter), Tumisho Masha (Isibaya, Silverton Siege), Frank Rautenbach (Beter as Gister, Summertide), Kim Engelbrecht (Reyka, Dominion), Chi Mhende (Generations: The Legacy, Queen Sono) en Siv Ngesi (The Woman King, Unseen).

Die regie is behartig deur Jozua Malherbe, met die teks geskryf deur William Schneider en Deon Meyer, en addisionele skryfwerk deur Amy Jephta.

Waaroor gaan die storie?

In die klein Laeveldse dorpie, Hoedspruit, word ‘n groep plaaslike stropers een-vir-een deur ‘n geheimsinnige moordenaar tereggestel. Polisie-ondersoekbeampte Kolonel Jack Phatudi begin ‘n meedoeënlose jagtog om uit te vind wie vir die brutale moorde verantwoordelik is, en waarom. Duisende kilometers daarvandaan, in Londen, ontvang die Suid-Afrikaanse expat, Emma Le Roux, ’n desperate en onverwagse telefoonoproep van haar broer, wat meer as twintig jaar gelede as jong man verdwyn het. Oortuig dat hy nog leef, keer Emma terug na Suid-Afrika en huur ’n lyfwag, Martin Dekker, om haar te help om hom op te spoor. Hierdie soektog lei tot ’n reeks gebeure wat hulle in ‘n dodelike komplot betrek wat oor dekades strek.

Tim Theron, Invisible
Tim Theron vertolk die rol van lyfwag Martin Dekker in Invisible. Foto’s: Verskaf

Die reeks is gegrond op ware gebeure, insluitend die geheimsinnige vliegtuigongeluk in 1986 waarin voormalige Mosambiekse president Samora Machel gesterf het. 

Tim Theron, wat ook een van die vervaardigers is, meen “dit is ’n ongelooflike oomblik vir ons almal om die lokprent aan die wêreld bekend te stel. Ons het jare se harde werk daaraan gewy om Deon se verhaal na die skerm toe te bring, en ons wou van die begin af ’n wêreldklasproduksie skep. Ons gehoor verdien niks minder nie. Hierdie lokprent is net ’n klein voorsmakie van wat kykers kan verwag.”

Op sy beurt, sê Meyer dat dit ’nvreemde, wonderlike ervaring om te sien hoe ’n verhaal wat jy alleen agter jou lessenaar gesit en skryf het, in iets so groot omskep word. Die lokprent vang die spanning en die skoonheid van die landskap pragtig vas. Ek kan nie wag vir Suid-Afrika – en die res van die wêreld – om die res te beleef nie.”


Invisible se eerste episode première op Woensdag 14 Oktober, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv kanaal 101) en die reeks word weekliks op Woensdagaande uitgesaai. Episodes sal ook ná uitsending op CatchUp beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies