Menu terloops
In Sepies [3 Sep 2026]

‘Skemergrond’ in September: Liefde en lojaliteit bots vandeesmaand


September bring nuwe spanning na Gemoedsdrif in ‘Skemergrond’ wanneer verhoudings onder druk kom, ou vriendskappe nuwe betekenis kry en onverwagse gevoelens opduik – hier is drie groot storielyne wat kykers moet dophou.

Deur Redaksie
‘Skemergrond’ in September: Liefde en lojaliteit bots vandeesmaand

Terwyl Lily en Ruan sukkel om hul verhouding ná die Isaac-ondersoek te verwerk, vind Christine haarself onverwags in ’n nuwe romanse, en Jasmine en Winnie verander Ragel se toneelstuk in ’n slagveld van hul eie. Hou dié Skemergrond-storielyne vandeesmaand dop.

1

Lily, Ruan en ’n onverwagse tweede kans

Lily en Ruan se verhouding verbrokkel nadat die gevaarlike ondersoek na Isaac hulle uitmekaar gedryf het. Terwyl die dorp kant kies en Lily met hartseer worstel, verskyn haar ou vriend Genie weer in Gemoedsdrif. Sy teenwoordigheid bring ’n nuwe dinamiek in Lily se lewe, veral wanneer hy haar probeer help om van Ruan aan te beweeg. Wat as ondersteuning begin, word iets meer wanneer Genie ’n impulsiewe skuif maak en Lily met haar eie gevoelens moet worstel.

Skemergrond, lily
Lily en Ruan se verhouding verbrokkel nadat die gevaarlike ondersoek na Isaac hulle uitmekaar gedryf het. Foto’s: Skermgrepe
2

Christine laat iemand in

Christine se lewe neem ’n onverwagte romantiese wending wanneer Rynard Fuchs (Morné Visser) toenemend deel van haar wêreld word. Wat aanvanklik soos ’n nuwe sakeverbintenis lyk, ontwikkel in iets veel meer persoonlik, en Christine begin haar gevoelens vir hom ernstig bevraagteken. Rynard se groot gebaar bring haar egter voor die vraag te staan of sy gereed is om iemand werklik naby haar toe te laat. Wanneer hul verhouding verdiep, bring Christine se verlede en ’n onverwagse besoeker nuwe komplikasies.

3

Jasmine en Winnie betree die verhoog en neem oor

Intussen sorg Jasmine en Winnie vir ’n ligter dosis drama wanneer hulle albei hul stempel op Ragel se toneelstuk probeer afdruk. Saam met die oudisies en repetisies eskaleer hul wedywering. Elkeen is vasbeslote om haar sin te kry. Wanneer Winnie teleurgesteld is oor haar rol as Magda, en Jasmine haar eie planne begin beraam, verander die verhoog vinnig in ’n slagveld waar ego’s en ambisies bots.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies