Menu terloops
In Kykgidse [25 Aug 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir September 2026


Karla skok vir Sanet en Zelda worstel met haar nuwe realiteit. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in September kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir September 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Dinsdag 1 September 2026

Almal sukkel om Gys ná die skokkende tragedie te help. Karla steek ’n geheim weg. Rossouw neem ’n besluit ter wille van iemand anders.

Woensdag 2 September 2026                                          

Karla voel skuldig oor wat sy gedoen het. Gys ondervind ’n warboel van emosies ná die tragedie. Rossouw bevraagteken sy eie bedoelings.

Donderdag 3 September 2026            

Theresa en Jacques is gegooi deur Gys se optrede. Karla en Arno het ’n lelike argument.

Maandag 7 September 2026                                                

Arno stel vir Karla ’n ultimatum. Rossouw is ’n internetsensasie.

Dinsdag 8 September 2026                                        

Karla gaan voort met iets wat sy weet verkeerd is, en Nina en Katinka raak al hoe meer agterdogtig. Jacques en Rossouw reik uit na Gys. Leandri moet Rene se terugkeer hanteer. 

Woensdag 9 September 2026                                                  

Gys neem ’n besluit wat sy lewe omkeer. Fouché en Arno bespreek Karla. Rossouw se sangloopbaan sny diep.

Donderdag 10 September 2026                      

Nina en Juvan staan voor ’n groot besluit. Rossouw kom terug aarde toe. Sanet probeer Jacques perspektief gee. Fouché speel ’n gevaarlike speletjie.

Maandag 14 September 2026                                          

Gys maak openbare aankondiging. Karla voel skuldig oor wat sy doen. Jacques probeer om ’n sinkende skip te red.

Dinsdag 15 September 2026                                          

Nina sien Katinka en Karla midde ’n hewige argument. Rossouw neem ’n onverwagte besluit oor sy toekoms. Zelda en Gys sukkel nog om oor onlangse gebeure te kom.

Woensdag 16 September 2026                          

Rossouw vertrek op sy geheime sending. Karla en Arno steek geheime weg vir mekaar. Zelda kry ’n onverwagse besoek van Corrie.

Donderdag 17 September 2026                            

Karla worstel met haar verhoudings. Rossouw laat weet vir Jacques, Leandri en Gys dat hy binnekort weggaan. Frans oortuig vir Zelda om vir ’n rukkie plaas toe te gaan.

Maandag 21 September 2026                                    

Nina praat per ongeluk haar mond verby. Zelda staan voor ’n nuwe uitdaging by Skinvestment. Rossouw het ’n ernstige gesprek met Karla.

Dinsdag 22 September 2026                      

Arno konfronteer Karla ’n laaste keer. Sanet rig ’n waarskuwing aan Gys. Leandri sukkel met Rene se terugkeer.

Woensdag 23 September 2026                        

Liam word ’n aanbod gemaak wat hy nie kan weier nie. Rossouw vra vir Zelda om na Gys te kyk. Karla en Arno kom tot ’n besef.

Donderdag 24 September 2026            

Marco sukkel om van René af weg te bly. Zelda neem ’n belangrike besluit. ’n Misterieuse man daag in Boskruin op.

Maandag 28 September 2026

’n Sjarmante nuwe winkelsentrum-eienaar maak sy verskyning. René worstel steeds met die gevolge van haar verlede. Marco weier om haar te laat gaan. Karla ontstel haar geliefdes.

Dinsdag 29 Septmber 2026

Karla skok vir Sanet, en Liam veg om vir Rene as sy afrigter te behou. Gihan begin sy plek in die gemeenskap inneem.

Woensdag 30 September 2026        

Theresa het ’n verrassing vir Gys. Gihan ontdek iets oor Zelda en spits sy fokus op haar.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies