Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Dinsdag 1 September 2026
Frankie moet spring om hul troue te reël, terwyl Mike nog briljante idees by Gary soek. Lendré het ’n plan en kry ’n kans om dit uit te voer…
Woensdag 2 September 2026
Emily onthul die ware rede hoekom sy dink Pieter het ’n buite-egtelike verhouding, en Mike neem ’n groot besluit. Riaan en Kate ontdek ’n brief wat nóg vrae laat ontstaan.
Donderdag 3 September 2026
Pieter vind uit wat vir Emily pla, terwyl Frankie wik en weeg of sy Mike se werksaanbod moet aanvaar. Bridgette verras haar span, en Riaan oortuig Kate om doodseker te maak oor die stand van sake.
Vrydag 4 September 2026
Kate verras Riaan en Mike is beïndruk met Frankie se positiewe houding by die hardewarewinkel. Emily en Pieter gaan vir huweliksberading…
Maandag 7 September 2026
Lee-Ann en Bridgette stamp weer koppe, terwyl Frankie desperaat is om die hardewarewinkel betyds klaar op te knap. Amanda wil vrede maak met Zoë, en die situasie tussen Pieter en Emily bly problematies.
Dinsdag 8 September 2026
Frankie stres oor hoe Mike gaan reageer op alles wat hulle in sy winkel verander het. Amanda is onseker of sy Pieter oor sy nagtelike eskapades moet uitvra. Justin soek ’n trou venue en kry hulp van iemand onverwags…
Woensdag 9 September 2026
Justin en Frankie kies hulle trougeselskap, terwyl die Jacobs susters meeding vir die gemeenskap se ondersteuning vir JPD se beplande ontwikkeling. Amanda daag Pieter uit om eerlik te wees met homself.
Donderdag 10 September 2026
Zoë en Angie plaas druk op Frankie om ’n hoofstrooimeisie te kies, terwyl Amanda vir Pieter probeer oortuig om eerlik met Emily te wees oor sy geheim. Bridgette kry goeie nuus oor die bouprojek, maar dan is daar ’n haakplek…
Vrydag 11 September 2026
Justin en Frankie het ’n oefenlopie vir die troue. Bridgette beskuldig Nazeem van inmenging en Pieter loop ’n bloutjie..
Maandag 14 September 2026
Gary raai Pieter aan om polisie toe te gaan en Lee-Ann sit Nazeem op sy plek. Ruiterbosch hou ’n henne- en hanepartytjie vir Justin en Frankie.
Dinsdag 15 September 2026
Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek, terwyl Justin ’n onverwagse besoeker kry. Bridgette skud blad met die duiwel en Pieter bereik breekpunt…
Woensdag 16 September 2026
Riaan vra vir Gary om in sy plek Justin se strooijonker te wees. Emily stel vir Pieter ’n ultimatum, terwyl gemoede hoog loop by die bruilof…
Donderdag 17 September 2026
Dis die dag ná die drama in die kerk, en Frankie en Justin probeer sin maak van wat gebeur het. Lee-Ann glo Nazeem is verantwoordelik vir haar mislukking, terwyl Pieter probeer deurdring tot Emily…
Vrydag 18 September 2026
Justin hou aan hoop dat alles slegs ‘n nagmerrie was. Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees, terwyl Emily tot uiterstes gedryf word.
Maandag 21 September 2026
Justin hou aan hoop dat alles slegs ‘n nagmerrie was. Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees, terwyl Emily tot uiterstes gedryf word.
Dinsdag 22 September 2026
Amanda leun op Mike vir ondersteuning na haar traumatiese ervaring, terwyl Justin se grootwordjare by hom spook. Lee-Ann plaas selfs nog meer druk op Bridgette oor die Davids huis.
Woensdag 23 September 2026
Die nuus oor haar ouers het Frankie se ore bereik en Pieter neem afskeid van Ruiterbosch se mense. Justin maak stadig vordering.
Donderdag 24 September 2026
Die Thuli’s nooi ‘n nuwe gesig in Ruiterbosch oor vir ete, terwyl Riaan probeer om daar te wees vir Frankie. Nazeem skok Bridgette met ’n onmoontlike eis…
Vrydag 25 September2026
Frankie konfronteer vir Amanda en Riaan, terwyl ’n hartseer Justin van iemand onverwags ondersteuning kry. Nazeem plaas nog meer druk op Bridgette…
Maandag 28 September 2026
Amanda vertel vir Mike die waarheid en vir ‘n nuwe inwoner is daar nuwe geleenthede. Bridgette sit met haar hande in haar hare…
Dinsdag 29 Septmber 2026
Riaan is vasbeslote om Frankie te oortuig om nie op te gee nie, en Bridgette neem ’n desperate besluit oor Nazeem. Bianca is trots op haar liefdadigheidsprojek, maar Siya is meer opgewonde oor iets anders.
Woensdag 30 September 2026
Bianca se fondsinsameling kry momentum, terwyl dit lyk of dinge nie gaan uitwerk soos Riaan gehoop het nie. Wat gaan Nazeem doen wanneer hy uitvind dat Bridgette hom uitoorlê het?
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.