Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 3 Augustus 2026
Mike weier om vir Frankie om verskoning te vra vir sy onaanvaarbare gedrag. Lendré het ’n versoek vir Kate, terwyl Zahra vir Carlo op die nippertjie teleurstel.
Dinsdag 4 Augustus 2026
Riaan is woedend oor Kate se nuwe huurder. Zahra en Carlo het ’n intieme oomblik, terwyl Justin ’n groot besluit neem oor sy toekoms.
Woensdag 5 Augustus 2026
Carlo het berou oor die foto van Zahra wat hy op ’n geselsgroepie geplaas het, terwyl Justin steeds probeer om Frankie en Mike se verhouding te red. Riaan is oortuig Lendré is ’n gevaar vir almal.
Donderdag 6 Augustus 2026
Justin en Amanda probeer die vrede tussen Frankie en Mike herstel. Kate konfronteer Lendré oor sy geskiedenis, terwyl Riaan daarop aandring dat sy hom uit die huis moet sit. Gaan Nazeem tot Lendré se redding kom?
Vrydag 7 Augustus 2026
Frankie en Mike se verhouding ontspoor verder, en Brendan sien die vonke tussen Zahra en Fabian spat. Kate se geheim plaas haar al hoe meer in ’n moeilike posisie.
Maandag 10 Augustus 2026
Lendré woon Bybelstudie saam met Kate by. Amanda vra Frankie moet haar trots sluk en Angie het nuwe blyplek gekry.
Dinsdag 11 Augustus 2026
Riaan word deur Lendré getoets, terwyl Zahra haar verhouding met Fabian ’n tree verder wil vat. Frankie en Justin neem ’n groot besluit.
Woensdag 12 Augustus 2026
Kate vind uit dat Riaan en Lendré koppe gestamp het. Mike loods sy nuwe besigheid, terwyl Carlo lelik vassit met Zahra.
Donderdag 13 Augustus 2026
Zarah se wêreld stort in duie en Brendan blameer vir Carlo. Riaan is teleurgesteld in Kate, en Amanda kry slegte nuus.
Vrydag 14 Augustus 2026
Dit gons oor die foto van Zahra, maar sy en Carlo sê albei hulle is onskuldig. Justin het ’n aanbod vir Amanda, maar sy is onbeïndruk. Riaan dwing Kate om die waarheid te vertel…
Maandag 17 Augustus 2026
Mike plaas Amanda se behoeftes voor syne, terwyl Lee-Ann oortuig is van Carlo se onskuld. Kate is besig om Riaan te verloor …
Dinsdag 18 Augustus 2026
Die polisie kry ’n anonieme wenk oor Zahra se foto. Lendré raak lekker gemaklik in Kate se huis, terwyl Riaan besluit om sy biologiese ouers te gaan opsoek.
Woensdag 19 Augustus 2026
Amanda maak gereed om haar program op Radio Dassie aan te bied. Kaashifa vind uit van Zahra se verhouding met Fabian, terwyl Riaan sukkel om sy nuwe realiteit te verwerk.
Donderdag 20 Augustus 2026
Kaashifa wil self met Fabian gaan praat en Zoë vind meer oor Pieter uit. Riaan wend ’n poging aan om vrede te maak.
Vrydag 21 Augustus 2026
Zoë raak geïrriteerd met Pieter. Lendré maak ‘n verrassende gebaar en Zahra doen goed wat die Samsodiens rooi laat sien.
Maandag 24 Augustus 2026
Carlo probeer bewyse kry om sy vermoedens te staaf, terwyl Kate Lendré se donker kant beleef. Gary pak by Amanda af oor Mike en Zoë vererg haar vir Pieter.
Dinsdag 25 Augustus 2026
Carlo, Brendan en Zahra probeer weer om die skuldige te ontmasker. Ruiterbosch verwelkom `n nuwe inwoner terwyl Lendré vir Kate en Riaan onkant vang.
Woensdag 26 Augustus 2026
Lendré onthul nuwe details en Gary probeer om Frankie verder te betrek. Die tieners wend ’n laaste poging aan om Zahra se onskuld te bewys.
Donderdag 27 Augustus 2026
Carlo maak vir Lee-Ann trots, en Gary probeer Frankie steeds oortuig om haar pa te help. Nazeem begin snuffel in Lendré se verlede …
Vrydag 28 Augustus 2026
Zahra groet Ruiterbosch, terwyl Gary desperaat is vir nuwe bemarkingsidees. Lendré wurm hom al dieper by die Vosloos in.
Maandag 31 Augustus 2026
Emily word agterdogtig oor Pieter se verhouding met Zoë. Riaan is ontsenu oor Frankie en Justin, terwyl Nazeem ’n aanbod uit ’n onverwagse bron kry.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.