Menu terloops
In Kykgidse [27 Jul 2026]

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026


Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi… Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Maandag 3 Augustus 2026

Mike weier om vir Frankie om verskoning te vra vir sy onaanvaarbare gedrag. Lendré het ’n versoek vir Kate, terwyl Zahra vir Carlo op die nippertjie teleurstel.

Dinsdag 4 Augustus 2026

Riaan is woedend oor Kate se nuwe huurder. Zahra en Carlo het ’n intieme oomblik, terwyl Justin ’n groot besluit neem oor sy toekoms.

Woensdag 5 Augustus 2026                                          

Carlo het berou oor die foto van Zahra wat hy op ’n geselsgroepie geplaas het, terwyl Justin steeds probeer om Frankie en Mike se verhouding te red. Riaan is oortuig Lendré is ’n gevaar vir almal.

Donderdag 6 Augustus 2026            

Justin en Amanda probeer die vrede tussen Frankie en Mike herstel. Kate konfronteer Lendré oor sy geskiedenis, terwyl Riaan daarop aandring dat sy hom uit die huis moet sit. Gaan Nazeem tot Lendré se redding kom?

Vrydag 7 Augustus 2026

Frankie en Mike se verhouding ontspoor verder, en Brendan sien die vonke tussen Zahra en Fabian spat. Kate se geheim plaas haar al hoe meer in ’n moeilike posisie.

Maandag 10 Augustus 2026                                                

Lendré woon Bybelstudie saam met Kate by. Amanda vra Frankie moet haar trots sluk en Angie het nuwe blyplek gekry. 

Dinsdag 11 Augustus 2026                                        

Riaan word deur Lendré getoets, terwyl Zahra haar verhouding met Fabian ’n tree verder wil vat. Frankie en Justin neem ’n groot besluit. 

Woensdag 12 Augustus 2026                                                  

Kate vind uit dat Riaan en Lendré koppe gestamp het. Mike loods sy nuwe besigheid, terwyl Carlo lelik vassit met Zahra.

Donderdag 13 Augustus 2026                      

Zarah se wêreld stort in duie en Brendan blameer vir Carlo. Riaan is teleurgesteld in Kate,  en Amanda kry slegte nuus.

Vrydag 14 Augustus 2026

Dit gons oor die foto van Zahra, maar sy en Carlo sê albei hulle is onskuldig. Justin het ’n aanbod vir Amanda, maar sy is onbeïndruk. Riaan dwing Kate om die waarheid te vertel…

Maandag 17 Augustus 2026                                          

Mike plaas Amanda se behoeftes voor syne, terwyl Lee-Ann oortuig is van Carlo se onskuld. Kate is besig om Riaan te verloor …

Dinsdag 18 Augustus 2026                                          

Die polisie kry ’n anonieme wenk oor Zahra se foto. Lendré raak lekker gemaklik in Kate se huis, terwyl Riaan besluit om sy biologiese ouers te gaan opsoek. 

Woensdag 19 Augustus 2026                          

Amanda maak gereed om haar program op Radio Dassie aan te bied. Kaashifa vind uit van Zahra se verhouding met Fabian, terwyl Riaan sukkel om sy nuwe realiteit te verwerk.

Donderdag 20 Augustus 2026                            

Kaashifa wil self met Fabian gaan praat en Zoë vind meer oor Pieter uit. Riaan wend ’n poging aan om vrede te maak.

Vrydag 21 Augustus 2026

Zoë raak geïrriteerd met Pieter. Lendré maak ‘n verrassende gebaar en Zahra doen goed wat die Samsodiens rooi laat sien.

Maandag 24 Augustus 2026                                    

Carlo probeer bewyse kry om sy vermoedens te staaf, terwyl Kate Lendré se donker kant beleef. Gary pak by Amanda af oor Mike en Zoë vererg haar vir Pieter.

Dinsdag 25 Augustus 2026                      

Carlo, Brendan en Zahra probeer weer om die skuldige te ontmasker. Ruiterbosch verwelkom `n nuwe inwoner terwyl Lendré vir Kate en Riaan onkant vang. 

Woensdag 26 Augustus 2026                        

Lendré onthul nuwe details en Gary probeer om Frankie verder te betrek. Die tieners wend ’n laaste poging aan om Zahra se onskuld te bewys.

Donderdag 27 Augustus 2026            

Carlo maak vir Lee-Ann trots, en Gary probeer Frankie steeds oortuig om haar pa te help. Nazeem begin snuffel in Lendré se verlede …

Vrydag 28 Augustus 2026

Zahra groet Ruiterbosch, terwyl Gary desperaat is vir nuwe bemarkingsidees. Lendré wurm hom al dieper by die Vosloos in.

Maandag 31 Augustus 2026        

Emily word agterdogtig oor Pieter se verhouding met Zoë. Riaan is ontsenu oor Frankie en Justin, terwyl Nazeem ’n aanbod uit ’n onverwagse bron kry.                       


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies