Menu terloops
In Kykgidse [23 Jun 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Julie 2026


Karla moet nuwe realiteite navigeer, en Zelda is rasend van kommer oor Frans se veiligheid. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Julie kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Julie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag 1 Julie 2026                                          

Frans is bekommerd oor Zelda wat so gestres is. Karla sê iets wat vir Arno seermaak. Pam maak gereed vir haar groot daknatmaakpartytjie. 

Donderdag 2 Julie 2026            

Zelda vind uit wie haar afpers. Siseko konfronteer vir Khloe. Karla vertel vir Rossouw en Gys ’n groot geheim. 

Maandag 6 Julie 2026                                                

Zelda dink haar probleem is opgelos, maar Nella het ander planne. Karla en Arno deel ’n spesiale oomblik. Siseko raak ontslae van Khloe se skildery by ’n gesinsbraai. 

Dinsdag 7 Julie 2026                                        

Nella konfronteer vir Frans met Zelda se geheime. Karla word deur ’n harde verlies platgeslaan. Pam en Abongile maak vrede.

Woensdag 8 Julie 2026                                                  

Karla deel slegte nuus met Rossouw en Gys. Tommie daag uit die bloute op. Nella deel woorde met ’n woedende Zelda. 

Donderdag 9 Julie 2026                      

Zelda kan nie langer die spanning hanteer nie. Karla kry onverwagse hulp. ’n Familielid van Theresa kom kuier. 

Maandag 13 Julie 2026                                          

Zelda jok vir Pam oor Cloete. Juvan sukkel om goeie personeel te kry. Karla probeer om aan te beweeg ná haar verlies. 

Dinsdag 14 Julie 2026                                          

Nella oortuig vir Frans om saam met haar en Abel na die plaas in die Vrystaat te gaan. Gys is suur as hy Swarts & Swarts se suksesvolle video sien.

Woensdag 15 Julie 2026                          

Die broers vra Gys vir hulp. Zelda konfronteer Cloete oor die ongeluk. Nina vertel Hanneli oor die nuwe meisie in Boskruin. 

Donderdag 16 Julie 2026                            

Zelda sit met die nagevolge van Frans se ongeluk. Spanning loop hoog tussen Gys en Jacques. Juvan beplan ’n herbekendstelling van Bianca’s.

Maandag 20 Julie 2026                                    

Die spanning tussen die afrigters bereik nuwe hoogtes. Tommie word onder druk geplaas. 

Dinsdag 21 Julie 2026                      

Zelda se lewe word moeilik gemaak. Die swemmers staan teen die afrigters op. Tommie is in ‘n knyptang. 

Woensdag 22 Julie 2026                        

Die spanne maak gereed om na Glasgow te vertrek. Bianca’s maak gereed vir makietie. Zelda is bekommerd oor Frans se veiligheid. 

Donderdag 23 Julie 2026            

Zelda smeek Frans om wakker te word. Juvan konfronteer vir Tommie omdat hy Bianca’s se openingsaand bederf het. 

Maandag 27 Julie 2026                                

Zelda betrap Cloete in Frans se kamer. Theresa kry ’n aangename verassing. Juvan is bekommerd oor Bianca’s, hy hoop die launch was ’n sukses. 

Dinsdag 28 Julie 2026                  

Zelda en Pam beraam ’n plan om vir Cloete dop te hou. Theresa se impulsiewe trouplanne raak al hoe meer chaoties. 

Woensdag 29 Julie 2026                        

Zelda deel slegte nuus met Frans. Die geveg vir Theresa se trouplanne duur voort. 

Donderdag 30 Julie 2026              

Zelda bly bekommerd oor Cloete. Sanet steek Juvan in die rug. Almal kom bymekaar om Nina en Karla se finaal te kyk.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies