Menu terloops
In Kykgidse [27 Mei 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Junie 2026


Christine slaan haar kloue in Dirk in, en iemand het hul oog op Patty… Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Junie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 1 Junie 2026

Kevin en Gloria bots oor geld en trots. Patty wonder of Ignus haar toekoms steel. Tillie is bekommerd oor Dirk. Haylee wil aanbeweeg, maar Christine is obsessief met wraak neem.

Dinsdag 2 Junie 2026

Gloria en Kevin stry steeds, maar Tillie het ’n blink plan. Patty het ’n afspraak met Zander. Dirk het ’n groot nuwe idee.

Woensdag 3 Junie 2026

Manny en Tillie is haaks oor waar hulle gaan huis opsit ná hul troue. Ná ’n uitval met Kevin, gee Patty vir Gloria stof tot nadenke. Christine slyp haar tande vir die Louws.

Donderdag 4 Junie 2026

Dirk lê sy aftree-oord-ontwikkeling aan die Louws voor. Patty en Zander se verhouding ontwikkel verder. Lily en Ruan is nog vervreem van mekaar.

Maandag 8 Junie 2026

Dirk se droom val plat. Gloria sien liefde deur ’n duideliker lens. Patty word deur nuwe gevoelens verras. ’n Ou bekende bring onrustigheid in Chelsea se lewe.

Dinsdag 9 Junie 2026

Chelsea vertel vir Justin van hul kind. Dirk probeer ’n ander aanslag met sy groot plan. Zander reël ’n verrassing vir Patty.

Woensdag 10 Junie 2026

Gemoedsdrif sidder wanneer Dirk sy probleme probeer regmaak. Zander beplan ’n groot onthulling. Christine dryf ’n gevaarlike nuwe plan wat groot moeilikheid kan ontketen.

Donderdag 11 Junie 2026

Patty wil als in orde kry voor haar eerste afspraak met Zander. Louis se beplande kuier met Sal en Chelsea neem ’n onverwagse wending. Dirk neem ’n swak besluit.

Maandag 15 Junie 2026

Patty se hart word weer gebreek. Tillie is bekommerd oor Dirk. Louis leer dat die liefde soms seermaak. Christine vra vir Haylee om Dirk se werk en persoonlike lewe te ondersoek.

Dinsdag 16 Junie 2026 

Zander kry ’n idee vir ’n groot gebaar vir Patty. Louis konfronteer Chelsea. Christine slaan haar kloue nog dieper in Dirk in.

Woensdag 17 Junie 2026

Manny probeer Tillie oortuig om Lang Verloren aan Zander te verhuur. Louis veg om sterk te bly ná hy en Chelsea opgebreek het. Christine spin vir Dirk verder vas in haar web.

Donderdag 18 Junie 2026

Zander maak ’n plan met Lily, Erica, Mannie en Tillie se hulp om Patty se hart te verower. Louis voel hopeloos sonder Chelsea.

Maandag 22 Junie 2026

Dirk konfronteer Christine oor die beskuldigings wat teen haar gemaak is. Patty en Zander bevestig hoe hulle oor mekaar voel. Louis sê ’n hartseer totsiens vir Chelsea en Sal.

Dinsdag 23 Junie 2026

Louis neem ’n groot besluit wat Junior woedend maak. Dirk en Tillie bots oor Zander en die voorval. Zander wil Lang Verloren huur, maar hy het ’n nuwe voorwaarde.

Woensdag 24 Junie 2026

Dirk se skielike ommeswaai wek hoop op vrede. Terwyl Patty en Zander hul toekoms reël en Louis gereed maak om te vertrek, spoel nuwe twyfel en ou vrese deur Gemoedsdrif.

Donderdag 25 Junie 2026

Die hele dorp is in rep in roer en almal kry ’n reuse-verrassing. Christine behaal ’n oorwinning en Tillie kry ’n groot skok.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies