Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 1 Junie 2026
Wade en Zoë deel die nuus van hulle verhouding met hul familie. Ava hou nie van die manier waarop Nazeem vir Mymoena hanteer het nie, terwyl Angie belangrike besluite moet neem.
Dinsdag 2 Junie 2026
Die lewe ná ’n pynlike teleurstelling is selfs moeiliker as wat Angie verwag het. Mike wikkel hom uit een leuen deur vir Lee-Ann nóg een te vertel. Nazeem val al hoe meer vir Ava.
Woensdag 3 Junie 2026
Angie is nog nie gereed om haar nuus met almal te deel nie. Justin en Mike help Bennie om weer sy passie te vind, terwyl Bridgette en Ava se paaie weer kruis.
Donderdag 4 Junie 2026
Carlo kom kuier en Bridgette vertel vir Ava die waarheid oor Nazeem se verlede. Angie neem besluite oor haar toekoms en die Samsodiens kry ontstellende nuus.
Vrydag 5 Junie 2026
Wade en Zoë voel dis hulle teen die wêreld, terwyl Nazeem vir Ava vir die ongeluk blameer. Lee-Ann vererg haar vir Mike…
Maandag 8 Junie 2026
Lee-Ann sê vir Mike presies wat sy van hom dink, terwyl Zoë vas glo dat Angie iets met Wade se verdwyning te doen het. Intussen speel Nazeem met vuur.
Dinsdag 9 Junie 2026
Bridgette is woedend oor Wade se verdwyning, terwyl Riaan geduld verloor met Lee-Ann en Mike se stryery. Nazeem beleef nog ’n terugslag: met sy gesondheid én sy ego.
Woensdag 10 Junie 2026
Nazeem trek vir Ava in die afgrond in, terwyl Mike se vindingrykheid hom in die moeilikheid kan laat beland. Wade moet kies tussen ’n lewenslange droom en Zoë.
Donderdag 11 Junie 2026
Mike is in groot moeilikheid by JPD. Nazeem voel fantasties danksy die pille wat Ava vir hom gegee het, terwyl Angie vir Zoë op die oorlogspad sit.
Vrydag 12 Junie 2026
Kate kry ’n skok wanneer sy terug van haar bootreis af kom. Wade staan voor moeilike besluite oor sy toekoms, terwyl Bridgette probeer om Zoë te beskerm.
Maandag 15 Junie 2026
Nazeem is vasberade om meer uit te vind oor die medikasie wat hom so goed laat voel. Kate nooi Angie om terug huis toe te trek en Kaashifa het groot planne vir die dag.
Dinsdag 16 Junie 2026
Frankie beraam ’n plan om Mike in Ruiterbosch te hou. Nazeem probeer Ava sagmaak, terwyl Zoë beheer oor haar toekoms wil neem.
Woensdag 17 Junie 2026
Bridgette is bekommerd oor Zoë se toekoms, terwyl Angie sukkel met verandering. Die Thuli’s is gespanne oor ’n duur ete, en Nazeem konfronteer vir Ava…
Donderdag 18 Junie 2026
Lee-Ann konfronteer Bridgette omdat sy inmeng met Zoë se sake, terwyl Kate vir Angie help. koop. Intussen trap Ava in die strik wat Nazeem vir haar stel…
Vrydag 19 Junie 2026
Ava bevind haar skielik in ’n finansiële penarie, terwyl Mymoena en Bianca koppe stamp. Gaan daar tweespalt in Ruiterbosch wees, wanneer vriende dalk gaan moet kant kies?
Maandag 22 Junie 2026
Bianca probeer hul finansiële probleme stil hou, en Zoë sien ’n geleentheid om te bewys wat in haar steek. Intussen worstel Ava met Nazeem se aanbod…
Dinsdag 23 Junie 2026
Angie probeer kalm bly midde groot veranderings en inmenging in haar lewe. Mymoena vertel vir Kaashifa en Rhafiek van die Thuli’s se finansiële krisis, terwyl Ava sukkel om haar geheime bedrywighede weg te steek.
Woensdag 24 Junie 2026
Bridgette se onthulling oor die komende familie-wegbreek ontstel Bianca. Angie sukkel om te kompeteer met Zoë, terwyl Nazeem en Ava hulle vasloop met hulle nuwe onderneming.
Donderdag 25 Junie 2026
Nazeem weier om Ava se pille by die Royal te verkoop. Zoë maak planne vir die toekoms, terwyl die Samsodiens en Thuli’s onverwags terugkeer.
Vrydag 26 Junie 2026
Nazeem se plan kry ’n onverwagse terugslag en Rhafiek maak ’n verkeerde aanname. Gary kry nuus en Angie hoor van ’n manier om geld te verdien.
Maandag 29 Junie 2026
Mymoena probeer om die vrede tussen haar kinders te herstel, terwyl Angie ’n versoek aan Wade rig. Ava stel streng grense in haar en Nazeem se verhouding.
Dinsdag 30 Junie 2026
Mike neem ’n finale besluit oor die verkoop van sy voëlhuisies. Intussen is Nazeem selfs nog meer beïndruk met Ava, en Rhafiek besluit om aan die potjiekoskompetisie deel te neem.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.