Menu terloops
In Sepies [20 Feb 2026]

‘Khaki Fever’-spiertier Abel Knobel laat die kwik nou op kykNET styg


‘…Hierdie karakter is vir my geskryf,’ vertel die akteur Abel Knobel oor sy nuwe rol as ’n bekende (en gespierde…) driekampatleet in die kykNET-telenovela ‘Diepe Waters’.  

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Khaki Fever’-spiertier Abel Knobel laat die kwik nou op kykNET styg

Met sy blokkiesmaag en gespiere arms hardloop die aantreklike Liam (Abel Knobel) volspoed in Diepe Waters se Boskruin – en ons sitkamers – in. Ja, die eerste keer wat ons dié beroemde driekampatleet ontmoet, is sy hemp skoonveld terwyl hy in die park oefen.

“Ek is dalk nie ’n professionele atleet nie, maar nes Liam het ek nog altyd ’n groot passie vir oefen en sport,” vertel Abel (34). “Ek kon dus fisiek voorberei vir hierdie karakter wat my so na aan die hart lê.”

Maar hoe berei ’n mens voor om ’n professionele driekampatleet te vertolk?

Oefen, oefen en nogmaals oefen, laat Abel hoor. “Ek het twee keer ’n dag gim toe gegaan, ’n streng eetplan gevolg en self ernstig begin swem. In daardie twee maande voordat ek die eerste dag op die stel moes wees, het ek verskriklik hard geoefen,” deel hy.

Abel Knobel
Abel Knobel vertolk ’n beroemde driekampatleet in Diepe Waters. Foto’s: Verskaf

En dis juis omdat hy Liam so geloofwaardig as moontlik wou uitbeeld dat hy so gedissiplineerd voorberei het. 

Hoewel dit soms vreemd is om sonder ’n hemp op die kassie te verskyn, het sy rol in die wulpse Showmax-komediefliek Khaki Fever, wat verlede jaar uitgereik is, hom ook voorberei om meer gemaklik voor die kameras te raak, meen hy.

Abel Knobel, Khaki Fever
Abel Knobel as Marco in Khaki Fever.

En oor Liam sê Abel: “Dit is die mees intense rol wat ek al ooit gespeel het. Die voorbereiding en uitdagings met Liam het my ’n nuwe vlak van ontdekking van myself en my akteurspel gegee. Die oomblik toe ek lees wat sy uitdagings is, wat sy storie is en wie hy is, het ek onmiddellik ’n gut feeling gehad dat hierdie karakter vir my geskryf is.”

Wie is Liam?

Van meet af kan kykers sien iets is vreemd aan dié energieke, dog vriendelike man wat uit die bloute in Boskruin opdaag. Hy praat vinnig, verloor konsentrasie in gesprekke en oefen só hard dat selfs die swemafrigters Gys (Justin Strydom) en René (Marijke Coetser) bekommerd raak.

ABEL Knobel
Agter die skerms op die stel van Diepe Waters met Abel Knobel en Tracey-Lee Oliver.

“Nes Liam het ek ook ’n positiwiteit en lus vir die lewe. Maar Liam se energie kan soms mense oorweldig. Ek is baie meer bewus van hoe ek teenoor ander mense optree,” sê Abel, wat ook in TV-produksies soos Spoorloos, Die fakulteit en 7de Laan te sien was.

Hoe Liam se persoonlike ondekkingsreis gaan ontvou, kan Abel nog nie verklap nie. Maar dit stem wel baie ooreen met sy eie reis om homself beter te verstaan, gee hy toe. Vir tyd en wyl is Liam besig om die hele Boskruin plat te hardloop terwyl hy die traumas van sy geheimsinnige verlede probeer verwerk… 

Om deel van die Diepe Waters-wêreld te word, was vir Abel ook ’n groot eer. Die span was behulpsaam en hy kon vinnig sy voete vind. “Ek en Marijke kom beide van Bethlehem af en het voorheen saam in ’n produksie gespeel. Selfs iemand soos Gys Swarts lyk altyd ernstig op TV, maar dan is Justin (Strydom) so saggeaard en lief vir al die mense om hom,” vertel Abel.

Agter die skerms: “Ek en Marijke (Coetser) kom beide van Bethlehem af en het voorheen saam in ’n produksie gespeel,” het Abel vertel.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies