Menu terloops
In TV [19 Jan 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Die Kantoor’


Kom kyk saam met ons wat agter die skerms op die stel van regisseur Bennie Fourie se nuwe Afrikaanse komediereeks, ‘Die Kantoor’.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Die Kantoor’
Kyk lokprent

’n Afrikaanse weergawe van The Office het pas op kykNET begin uitsaai, met akteurs soos Albert Pretorius, Schalk Bezuidenhout, Lida Botha en Ilse Oppelt wat deel van die rolverdeling uitmaak. Hotel se Bennie Fourie is die regisseur en hoofskrywer.

Dis nou al meer as twee dekades sedert die eerste episode van Ricky Gervais en Stephen Merchant se oorspronklike Britse weergawe van The Office in Julie 2001 uitgesaai is, en Die Kantoor is dan die die 14de verwerking van dié formaat. Pole, Frankryk, Kanada en Australië tel onder van die ander lande wat al hul eie weergawes gemaak het, maar dit was veral die Amerikaanse weergawe wat omslagtige sukses behaal het. Oor nege seisoene heen het dié weergawe etlike benoemings en toekennings ontvang.

Die Kantoor is egter nie bloot ’n Afrikaanse vertaling van The Office nie. Die reeks is herverbeel vir ’n plaaslike konteks met die kantoor-omgewing wat verander is na ’n maatskappy wat in polonie spesialiseer, Deluxe Processed Meats, eerder as die papierverskaffer, Dunder Miffler Paper Company, van die oorspronklike storie. 

Nog akteurs wat in die stewige rolverdeling verskyn: Daniah de Villiers, Gert du Plessis as Joubert, Mehboob Bawa, Sipumziwe Lucwaba, Carl Beukes, Zenobia Kloppers, Mila de Villiers, Pierre Nelson, Marcel van Heerden, Therese Bam en James Borthwick.

Hier is wat agter die skerms tydens verfilming van dié komediereeks gebeur het (alle foto’s is deur Charl Folscher geneem):

Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor
Die kantoor

Die eerste episode van Die Kantoor is Sondag 18 Januarie 2026 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai met die eerste twee episodes wat Dinsdag 20 Januarie op Showmax beskikbaar sal wees. Daar sal weekliks elke Sondag een episode op kykNET uitgesaai word, terwyl twee episodes op Dinsdae op Showmax vrygestel sal word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies