Menu terloops
In Kykgidse [27 Nov 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Desember 2025


Henry en Lettie wil vir hul huwelik baklei, en Karla en Arno se verhouding word keer op keer beproef. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Desember 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 1 Desember

Arno verloor sy humeur met Karla, terwyl Leandri alles in haar vermoë doen om weer vrede in haar huis te bring. Henry staan onseker oor wat sy volgende stap met Lettie moet wees.

Dinsdag 2 Desember

Hannelie en Leandri se dag saam lei tot ’n ontploffing. Gys ontmoet ’n enigmatiese nuwe besigheidseienaar. Karla en Arno kry raad oor hul verhouding.

Woensdag 3 Desember

Henry en Lettie wil vir hul huwelik baklei. Gys ontvang ’n geskenk van Joanna. Schalk se ware karakter kom na vore.

Donderdag 4 Desember

Schalk sê vir Marco dat Leandri haar sotheid gaan berou. Gys se bewondering vir Joanna groei. Balbo Swimwear kondig hul nuwe ambassadeur aan.

Maandag 8 Desember

Joanna help Gys besef hy moet weer met sy seuns kontak maak. Leandri breek die nuus aan haar kinders, en Marco vat dit glad nie goed nie.

Diepe Waters, Karla
Ai jinne, Karla en Arno se verhouding wil net nie vlot verloop nie… Foto’s: Skermgrepe

Dinsdag 9 Desember

Lettie word onkant gevang wanneer ’n bekende ster die kêffie besoek. Karla is bekommerd oor Helder Hoop se finansies. Gys se gesinsete eindig in chaos…

Woensdag 10 Desember

Schalk maak ’n voorstel aan Leandri. Juvan het ’n gesprek met ’n bekende persoon. Joanna vryf vir Pam verkeerd op.

Donderdag 11 Desember

Gys voel nog meer verraai deur sy seuns. Lettie maak haar hart oop teenoor Henry. Juvan besef hoe min Nina hom vertrou.

Maandag 15 Desember

Dinge is steeds gespanne tussen Juvan en Nina. Jacques bespot vir Rossouw. Arno moet duidelike grense stel met sy besoeker.

Dinsdag 16 Desember

Pam is bekommerd dat Joanna weer meer invloed oor Gys het. Felicity krap Arno se lewe deurmekaar. Hannelie gee Juvan raad. Henry en Lettie ontdek iets skokkend…

Woensdag 17 Desember

Juvan en Nina voel sleg oor hoe dinge tussen hulle verloop. Frans wil Zelda se bagasie uitpak, maar sy sit haar voet neer.

Donderdag 18 Desember

Iemand wurm haarself by Sanet in. Juvan en Gys stamp koppe. Henry en Juvan beledig per ongeluk vir Ginevra.

Maandag 22 Desember

Rossouw verneder homself. Gys stel nie belang in sy familie nie, en Arno word afgekraak.

Dinsdag 23 Desember

Sanet oortuig Rossouw om aan die konsert deel te neem. Felicity dryf Arno verder teen die muur uit. Tant G kom Lettie se redding.

Woensdag 24 Desember

Dis Juvan se groot dag. Sanet is bekommerd oor Felicity, en Pam is teleurgesteld dat Gys nie saam met hulle is nie.

Donderdag 25 Desember

Hanneli beken aan Juvan en Nina dat sy haar stem verloor het. Pam stuur vir Gys ’n video van die konsert.

Maandag 29 Desember

Arno konfronteer Felicity oor haar siekte. Nina en Juvan neem ’n besluit oor hulle verhoudingstatus.

Dinsdag 30 Desember

Karla en Arno word onkant gevang wanneer Felicity seerkry. Sise voel gefrustreerd. Gys sit vir Pam in haar plek.

Woensdag 31 Desember

Pam probeer hard om nie te veel in haar pa se lewe in te meng nie. Die gemeenskap sien uit na die langtafelete.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies