Menu terloops
In Gons [6 Nov 2025]

Wat om te kyk: Van die Springbokke tot bekroonde ‘Som van twee’ – dís ons top-keuses vir DStv se spesiale Oopkyktyd dié naweek


Vir drie dae – vanaf 7 tot 9 November 2025 – kry alle DStv-intekenare met ’n aktiewe dekodeerder-intekening volle toegang tot álle DStv Premium-kanale – en ja, dit sluit die Springbokke se wedstryd teen Frankryk in… 

Wat om te kyk: Van die Springbokke tot bekroonde ‘Som van twee’ – dís ons top-keuses vir DStv se spesiale Oopkyktyd dié naweek

DStv is vanjaar 30 jaar oud (lees ook ons terugblik) en ter viering van dié mylpaal word die immergewilde Oopkyktyd-tydgleuf hierdie naweek herleef met alle aktiewe DStv-intekenare wat vir drie dae (7 tot 9 November) gratis toegang tot DStv Premium kry. (Let wel dat dié aanbod slegs op dekodeerders van toepassing is en nie op DStv Stream nie.) 

Daar is baie om te kyk en min tyd, so hier is ons top-keuses van wat om te kyk: 

Sporthoogtepunte om nie te mis nie

Op die SuperSport-kanale wag ’n vol program vir sportliefhebbers. Daar is Saterdagaand die wedstryd tussen die Springbokke en Frankryk (DStv-kanaal 201 om 22:00), terwyl die wêreld se beste F1-jaers mekaar Sondagaand die stryd aansê tydens die Brasiliaanse Grand Prix (DStv-kanaal 215 om 19:00).

Silwerskermwenner

Die speelfilm Som van Twee het sewe Silwerskermtoekennings gewen het, onder meer in die kategorieë vir beste draaiboek, beste regie en beste speelfilm. Die fliek saai Saterdag 8 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit. 

Ikoniese realiteits-TV

Survivor USA keer terug met ’n nuwe seisoen, Vrydag om 17:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

America’s Got Talent: 20th Anniversary Special vier twee dekades van ongelooflike talent – en dramatiese televisietonele, Saterdag om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Iets nuut 

Die eerste episode van NCIS: Tony & Ziva saai Sondag om 17:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Die lokprent vir dié reeks is meer as 93 miljoen keer gekyk in die eerste week nadat dit vrygestel is. 

’n Riller romanse

Drop is ’n spanningsvolle romantiese riller met The Bold Type en White Lotus se Meghann Fahy en This Ends With Us se Brandon Sklenar, Sondag om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Musikale meester

Piece by Piece, die geanimeerde biografie van die Grammy-wenner en musiekikoon Pharrell Williams, word Saterdag om 16:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies