Menu terloops
In Gons [6 Oct 2025]

30 jaar van DStv


DStv vier vandag – 6 Oktober – 30 jaar se stories, sport en Suid-Afrikaanse televisiegeskiedenis. Gelukkige verjaardag!

30 jaar van DStv

DStv vier vandag ’n merkwaardige mylpaal – drie dekades waarin dit die Suid-Afrikaanse televisielandskap help vorm het, miljoene huishoudings verbind, en stories vertel het wat deel van die nasionale gesprek geword het.

DSTV
Carte Blanche het in 1988 op M-Net première met die ontslape Derek Watts en Ruda Landman as die hoofaanbieders. Oor die jare heen het verskeie ander gesigte hulle by die reeks aangesluit, waaronder Claire Mawisa en Macfarlane Moleli.

Toe M-Net in Oktober 1986 van stapel gestuur is, het dit net ’n paar ure per aand as ’n gekodeerde analoogkanaal uitgesaai. Minder as ’n dekade later, op 6 Oktober 1995, het MultiChoice DStv bekendgestel – destyds slegs die tweede digitale satellietdiens in die wêreld, en die eerste buite die VSA.

Teen 2005 het DStv reeds ’n miljoen intekenare gehad; vyf jaar later het dit by 2,4 miljoen bereik. Vandag is daar meer as 14 miljoen huise regoor Afrika. En waar DStv in 1995 met net 16 kanale afgeskop het, bied dit vandag 142 aan. En daar is nou ook die opsie om eerder aanlyn – via DStv Stream – te kyk. 

DStv, Reyka, Kim Engelbrecht
Reyka, met Kim Engelbrecht in die hoofrol, is by die Internasionale Emmys benoem. Foto: Verskaf
Chasing the Sun
Chasing the Sun is ook by die Intenasionale Emmys benoem. Foto: Dan Mullan/Getty Images)

Hier is ’n paar van die DStv se grootste oomblikke as deel van Suid-Afrika se TV-landskap: 

  • 1976: Suid-Afrika se eerste televisie-uitsending
  • 1986: M-Net begin as die land se eerste private betaal-TV-kanaal
  • 1988: SuperSport begin as deel van M-Net-programmering; Carte Blanche première op M-Net
  • 1990: Oopkyktyd bied daagliks gratis kyktyd op M-Net tussen 17:00 en 19:00
  • 1990: K-T.V. begin as ’n kinderprogramblok op M-Net
  • 1992: Egoli begin as Suid-Afrika se eerste daaglikse sepie
  • 1995: SuperSport word ’n 24/7-kanaal – betyds vir die Rugbywêreldbeker wat toe deur Suid-Afrika gewen is
  • 1995: DStv begin met 16 kanale
  • 1999: kykNET begin en vestig Afrikaanse inhoud op DStv
  • 2001: SuperSport skuif na die DStv-platform; Ferdi Bester wen eerste Big Brother SA
  • 2002: Heinz Winckler wen eerste Idols SA
  • 2005: DStv bereik 1 miljoen intekenare; DStv Compact begin; eerste PVR in Afrika; Binnelanders begin op M-Net
  • 2006: Vanessa Marawa wen eerste Survivor SA
  • 2008: HD PVR bekendgestel tydens Beijing Olimpiese Spele
  • 2010: Mzansi Magic begin
  • 2011: BoxOffice begin
  • 2012: Deena Naidoo wen eerste MasterChef SA
  • 2013: DStv Explora begin; Mzansi Wethu, Mzansi Bioskop en kykNET&Kie begin; Isibaya debuteer
  • 2019: The River benoem by die Internasionale Emmys; MultiChoice Group lys op die JSE
  • 2020: DStv Explora Ultra bekendgestel
  • 2022: Reyka benoem by die Internasionale Emmys (beste drama en beste aktrise – Kim Engelbrecht)
  • 2023: Shaka iLembe lok 3,6 miljoen kykers in sy eerste week – ’n rekord vir ’n MultiChoice-drama; Two Sides benoem as beste sportdokumentêr by die Emmys
  • 2024: Die Brug by die Internasionale Emmys benoem
  • 2025: School Ties en Chasing The Sun 2 benoem by die Internasionale Emmys; finaal van Big Brother Mzansi lok 3,8 miljoen regstreekse kykers – ’n nuwe DStv-rekord; MultiChoice sluit aan by Groupe CANAL+
DStv
Binnelanders vier vandeesmaand sy 20ste bestaansjaar. Foto: Skermgreep

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies