Menu terloops
In Sepies [25 Okt 2025]

Sepievoorskou: Jaloesie saai onmin in ‘Suidooster’, verrassings wag in ‘Binnelanders’


Selfs vriendskappe wat glad nie bybedoelings het nie, maak ander dié week jaloers. Maar wanneer is vriendelik té vriendelik in sepieland? Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Jaloesie saai onmin in ‘Suidooster’, verrassings wag in ‘Binnelanders’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (27 tot 31 Oktober) in Suidooster, Skemergrond en Binnelanders kan uitsien.

Suidooster 

Nadat Maryam (Celeste Wannenburgh) in Ruiterbosch verlede week  aangekom het, maak sy die lewe vir arme Mymoena (Jill Levenberg) baie moeilik. Ek sal enigiets vir my suster doen, maar as sy haarself só gedra het sou ek ook ongelukkig vir haar die deur moes wys. Dit is nie net Maryam se aksies wat my bloed laat koek nie, dit is haar hele fake persoonlikheid. Asof die musiekboksie nie genoeg was nie, trap sy heeltemal oor die lyn hierdie week danksy haar jaloesie. Maryam vind ook vinnig uit Bridget is nie Moena nie.

Maar die Samsodien-moles is niks in vergelyking met die Brassery-ongelukkigheid nie. Die eienaars van Brassery is allesbehalwe brasse, wat nog te sê van lovers, hierdie week. Dinge raak nogal erg ongemaklik danksy daai power move en ’n foto of twee. Wat vir hulle ongemaklik is, is bingeworthy-kykstof vir kykers. Dit is asof jy die motorongeluk sien aankom, maar net nie kan wegkyk nie. Hoekom voel dit vir my asof Wangie dalk weer ’n comeback gaan maak…? 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Binnelanders 

Ek was regtig aan Delia (Odelle de Wet) se kant en wou so graag in haar nuwe persona geglo het, maar nes ’n luiperd nie sy kolle kan verander nie, is Delia dalk net so slinks soos wat sy nog altyd was. En al wil ek nou weer in haar keel afspring, is dit maar seker die Kosters se verdiende loon vir hoe hulle haar hele CEO-debakel hanteer het. Dit wys jou net weereens jy kan nie saam met ’n geliefde besigheid doen nie – dit eindig net nie goed nie.

Maar soms word Delia ook onkant gevang. Soos wanneer sy hierdie week die nuutste dokter by Binneland-kliniek ontmoet. Ek weet nie wie groter geskrik het nie: Delia of Ella (Marlee van der Merwe)? Hoekom voel dit vir my Ella het nou weer ’n geheime geskiedenis met hierdie skurk wat haar hele lewe gaan omvergooi? 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Skemergond 

Christine (Devonecia Swarts) het regtig gedink daai een goeie daad hierdie week gaan mense skielik laat vergeet van haar vyandige aksies oor die afgelope paar maande. Ek raak mos kinderlik opgewonde wanneer een van Christine se planne so in haar gesig opblaas. Hierdie een was ’n bietjie meer persoonlik en selfs ek het haar jammer gekry toe Patty (Gretchen Ramsden) die pleister afruk. Ek wonder wat sy nou gaan doen?

Het nooit gedink ek sou dit sê nie, maar lyk my die een suster is so sleg soos die ander… Hazel (Carmen Maarman) sal vinnig moet kies! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies