Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Sep 2025]

September bring skokke, spanning in ‘Skemergrond’


September in Gemoedsdrif beloof nie net drama nie – dit beloof chaos, geheime en hartstog wat alles verander. Hier is die storielyne wat jy in September op ‘Skemergrond’ moet dophou.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

September bring skokke, spanning in ‘Skemergrond’

Die terugkeer van ’n lank verlore pa, onverwagse liefdesverwikkelinge, skokkende ondersoeke en geheime wat op die lappe kom, is van die storielyn-hoogtepunte wat op Skemergrond-kykers vandeesmaand wag.

1

Louis se pa bring chaos na Gemoedsdrif

Gemoedsdrif word geskud deur die terugkeer van Louis se lank verlore pa, Ice. Sy onverwagte verskyning krap ou wonde oop, laat gevaarlike spanning opvlam en dreig om lewens te ontwrig. Erica beland in ’n emosionele maalkolk wanneer Ice nader aan haar probeer weeg, terwyl Louis tussen lojaliteit en wantroue verskeurd is. Maar Ice dra ook sy eie geheime saam, en sy vrees vir die polisie is net die begin daarvan.

2

Wie gaan Patty se hart wen?

Te midde van hierdie drama worstel Patty met haar liefdeslewe. Sy erken aan Manny dat sy smag na romanse, maar tussen ongemaklike ontmoetings, bemoeisieke vriende en selfs ’n oorweldigende Boer soek ’n vrou-video-opname, is haar reis vol humor, frustrasie en moeilike besluite. Wanneer sy skokkende nuus ontvang, moet sy besluit of sy bereid is om haar hart op die spel te plaas.

3

Ronnie met sy rug teen die muur

Ronnie se loopbaan is in die weegskaal wanneer ’n ondersoek deur die mediese raad in volle swang kom. ’n Opspraakwekkende artikel laat die gemeenskap gons, en die verhoor bring onthullings wat Gemoedsdrif tot in sy fondamente ruk. Al probeer Ronnie positief bly met Junior aan sy sy, is die druk enorm en sy toekoms onseker.

4

Vriendskap of gevaarlike obsessie?

Intussen veroorsaak Fabian nuuskierigheid – en bekommernis – met sy intense belangstelling in Hazel se lewe. Terwyl ander om haar besig is met hul eie dramas, bied hy ’n skouer en ondersteuning, maar sy motiewe is nie heeltemal duidelik nie. Kan Hazel hom vertrou, of skuil daar ’n agenda agter sy optrede?


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies