Menu terloops
In Sepies [27 Aug 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir September 2025


Juvan sukkel ná sy ma se dood en Fourie begin uiters vreemd optree… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir September 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 1 September  

Gys het nuus vir sy kinders. Henry, Lettie en Aunty G wil vir Penny laat doop. Die Viljoens gryp almal se aandag.

Dinsdag 2 September  

Swarts & Swarts sien positiewe gevolge vandat die Viljoens aangesluit het. Zelda maak ’n aanbod aan Sanet. Lettie kry nuwe hoop vir Penny se doop.

Woensdag 3 September  

Dit is Bianca se begrafnis. Gys wil op sy eie treur. Sanet is opgewonde oor besigheid-idees. Lucas is op pad Spanje toe.

Donderdag 4 September

Jacques en Schalk stamp koppe. Karla hoop Sanet en Fourie sal instem om vroeër te trou. Zelda wil slange vang oor Sanet wat Skinvestment Linden na nuwe hoogtes wil neem.

Maandag 8 September 

’n Indringer dwaal rond op Penny se seëning. Gys gee vir Schalk iets om oor na te dink. Karla is gegooi deur Fourie se vreemde gedrag.

Dinsdag 9 September 

Gys is vasberade om die broers te klop by hul eie gala. Sanet verdrink in bekendstellingsreëlings en Fourie steek ’n stok in die speek. Anja maak Theresa ’n aanbod.

Woensdag 10 September 

Karla en Nina is bekommerd oor Juvan, Swarts & Swarts ervaar groeipyne en Sanet sien uit na die heropening.

Donderdag 11 September  

Anja is bekommerd oor Fourie se uitbarstings. Sanet sit haar beste voet voor by die bekendstelling. Daar is ’n lelike voorval by die klub met erge gevolg vir Danie en Hannelie.

Maandag 15 September 

Die broers moet ’n moeilike besluit neem rakende die gala. Rossouw en Anja bevind hulself alleen in die huis wat eens hulle s’ n was. 

Dinsdag 16 September  

Anja en Rossouw wil die ongemaklikheid tussen hulle uitstryk. Hanneli voel vasgevang in al die familieverpligtinge.

Woensdag 17 September  

Hanneli stel haar pa teleur en word gestraf. Fourie stel vir Anja gerus, en dinge raak meer gespanne tussen Sanet en Zelda.

Donderdag 18 September 

Ná ’n moeilike dag met haar pa, doen Hanneli iets roekeloos. Nina probeer haar bes om Juvan te help om sin te maak van die testament. 

Maandag 22 September  

Die Besters en Swartse maak gereed vir die troue. Hanneli is in die moeilikheid met haar familie. Juvan neem ’n besluit oor die erfporsie.

Dinsdag 23 September 

Karla en Nina is verward wanneer Hanneli hulle ignoreer. Al die vroue het groot pret by die kombuistee. Juvan het ’n verrassing vir Nina.

Woensdag 24 September  

Iets loop verkeerd voor die troue. Johan en Rossouw probeer die dag red. Nina oortuig Hanneli om aan Gedigte op die gras deel te neem.

Donderdag 25 September  

Karla is bekommerd oor haar rok. Die vriende en familie voel baie geseënd om die dag saam met Sanet en Karla te kan vier.

Maandag 29 September  

Hanneli word vir haar nuutste oorwinning geprys. Fourie probeer om dinge met Sanet reg te maak. Zelda oortuig vir Linda om vir haar man te veg.

Dinsdag 30 September  

Leandri druk Hanneli tot breekpunt met ’n sosiale media opname. Sanet is in stukke
en almal probeer help. Gys ontferm hom oor Juvan.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies