Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.
Maandag, 4 Augustus
Gys is vies oor Swarts & Swarts. Helen het nuus vir Henry en Lettie. Karla is verward oor haar gevoelens.
Dinsdag, 5 Augustus
Arno wil Karla help om haar dag te geniet en sy erken aan Sanet dat sy effens deurmekaar voel. Iemand verras die Swartse.
Woensdag, 6 Augustus
Arno het ’n groot verrassing vir Karla. Henry en Lettie ontvang ’n onverwagse aflewering. Bianca het ’n voorstel wat Gys beïndruk.
Donderdag, 7 Augustus
Gys se nuwe aanvalstrategie verras Jacques en Rossouw. Juvan hoor per ongeluk iets wat hom in ’n moeilike posisie plaas. Lettie en Henry ontvang slegte nuus.
Maandag, 11 Augustus
Sanet en Fourie het nuus vir almal. Lettie vrees dat sy vir Penny gaan verloor. Karla worstel met haar besluit.
Dinsdag, 12 Augustus
Juvan maak ‘n aankondiging wat vir Gys en Bianca skok. Karla besluit oor haar en Arno se toekoms. Henry maak ‘n plan om Lettie se vrese rondom die baba te oorkom.
Woensdag, 13 Augustus
Bianca maak seker Zelda verstaan dat Gys haar man is. Gys vind uit van Lucas se groot skuif. Anja se bekommernis oor Sanet groei.
Donderdag, 14 Augustus
Die Swartmarlyne-familie maak reg vir die bekendstelling. Karla voel almal blameer haar vir Lucas se besluit. Lettie vra Sanet om haar met Penny te help.
Maandag, 18 Augustus
’n Tragedie vind plaas by die swembad. Jenna kom doen ondersoek. Rossouw tree eienaardig op.
Dinsdag, 19 Augustus
Gys dring aan dat Jenna vir Zelda moet ondersoek. Lettie en Henry sukkel om ’n baba-oppasser te vind. Fourie se woede kook oor. Juvan kry onverwags ondersteuning.
Woensdag, 20 Augustus
Lettie voel ongemaklik oor ’n vreemdeling wat by hulle kom bly. Lucas wil vir Juvan ondersteun. Die polisie krap ou wonde oop.
Donderdag, 21 Augustus
Jenna ondervra die Swarts-familie. Aunty Ginevra arriveer vanuit Italië. Nina het ’n wonderlike idee vir Karla se troue.
Maandag, 25 Augustus
Jenna vind uit iemand jok vir haar. Swarts & Swarts sukkel om ’n borg vas te maak. Gys ontmoet vir Aunty G.
Dinsdag, 26 Augustus
Rossouw en Gys stamp koppe, en Jacques en Pam moet intree. Die boeties probeer die Viljoen-gesin beïndruk.
Woensdag, 27 Augustus
Aunty G groei op Lettie. Sanet wonder oor Rossouw, en Jenna ondervra ’n verdagte.
Donderdag, 28 Augustus
Gys, Juvan en Fourie hanteer elkeen die nuus anders. Schalk besluit by watter klub die Viljoens gaan aansluit. Dis die laaste dag van wag vir Lettie en Henry.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.







