Menu terloops

1883 S1

Op Showmax [Gepubliseer op 18 Sep 2023]


Die dramareeks ‘1883’ volg die Dutton-familie soos hulle armoede probeer ontsnap en van die Weste na Montana reis ná die Amerikaanse Burgeroorlog.

Stroom nou

1883 S1
Kyk lokprent

1883 is deel van die gewilde Yellowstone-franchise en dien as sy origin story

Dié reeks speel af in die nasleep van die Amerikaanse Burgeroorlog, en volg die Dutton-familie soos hulle armoede probeer ontsnap en van die Weste na Montana reis.

Daar begin hulle wat weldra as die Yellowstone Ranch bekend sou staan. Tim McGraw (James Dutton) en Faith Hill (Margaret Dutton) vertolk die hoofrolle. Dié twee is in die werklike lewe al vir jare getroud.

Onder die gasspelers in die reeks tel die Oscar-wenners Tom Hanks en Billy Bob Thornton.

Die reeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat ’n mens nie Yellowstone hoef te kyk om 1883 te geniet nie.

Emily Potts van TheWrap skryf: “Selfs vir kykers wat nog nie in Yellowstone gedelf het nie, voer (1883 se) spanning en intensiteit (jou) mee.”

Jy kan ook Yellowstone op Showmax kyk.


1883 is vanaf 18 September 2023 op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies