Menu terloops
In Lysie-lysie [25 Okt 2021]

10 vinnige feite oor ‘Wie word ’n miljoenêr?’


Wat jy van kykNET se nuwe speletjiesprogram, ‘Wie word ’n miljoenêr?’, moet weet.

10 vinnige feite oor ‘Wie word ’n miljoenêr?’
Kyk lokprent

Wie word ’n miljoenêr? word van 27 Oktober elke Woensdag om 20:00 vir 26 episodes (die tweede seisoen volg direk ná die afloop van die eerste een) op kykNET uitgesaai. 

Hier is ’n klompie interessanthede oor Wie word ’n miljoenêr?, wat deur Red Pepper Pictures by Atlantic Studios in Kaapstad vervaardig is.

1

Help ’n bietjie daar

Daar is, soos met meeste van die Who Wants to Be a Millionaire-weergawes, drie hulplyne waarvan die deelnemers kan gebruik maak, én dis vir die Afrikaanse weergawe vertaal. “Ask the Audience” is “Oor na die gehoor” en “Phone a friend” is “Bel ’n pêl”. Die derde hulplyn is 50/50, wanneer twee van die drie verkeerde opsies van die vier moontlike antwoorde verwyder word en net twee opsies oorbly. Vir “Oor na die gehoor” word die gehoor in die ateljee gevra om vir die regte antwoord te stem. Met “Bel ’n pel” mag die deelnemer ‘n vriend, familielid, kollega – hel enige kennis met kennis! – bel wat dan 30 sekondes het om die deelnemer te help. 

2

Van 2000 na 156

Meer as 2 000 inskrywings is binne twee weke ontvang. Almal wat ingeskryf het, moes ook ’n kort algemene kennis toets aflê. Daarna het ’n onderhoud en ’n tweede algemene kennis gevolg. Op die ou einde is daar 156 kandidate gekies wat oor die loop van 26 weke meeding. 

3

Die groot gelykmaker

In elke episode speel ’n groep van ses mense “Vinnigste Vingers” vir ‘n plek in die “vuurwarm-stoel”, of soos die Britte dit noem die hot seat. “Vinnigste Vingers” is die gelykmaker en bepaal wie in elke rondte in die hot seat beland. Dié spel vereis dat die deelnemers vier opsies in ’n spesifieke volgorde plaas – byvoorbeeld chronologies, alfabeties, oud na jonk, noord na suid of volgens datum. 

4

15 regmerkies

Daar is twee vangnette, R10 000 en R40 000, wanneer ’n deelnemer geld kan bank en só waarborg dat hulle met ’n minimum bedrag huis toe gaan. Spelers het altyd die opsie om weg te stap met die geld wat hulle tot op ’n sekere vlak op die prysleer gewen het. Om die miljoen te wen, moet ’n deelnemer vyftien vrae korrek beantwoord. 

5

’n Quiz master wat ken van

Rian van Heerden is die quiz master in Wie word 'n miljoener? op kykNET.
Rian van Heerden is die quiz master in Wie word ‘n miljoener? op kykNET.

Die aanbieder, Rian van Heerden, wat ook bekend is as ’n omroeper op Jacaranda FM, het al voorheen ’n speletjiesprogram, Op die Spel, op kykNET aangebied. In Op die spel is deelnemers se Afrikaanse spel- en taalvaardighede getoets. 

6

Soos staatsgeheime

Die identiteite van die vraagopstellers is ’n geheim. Die vrae word deur ’n paneel nagevors en moet volgens ’n formule afkomstig van die internasionale formaat saamgestel word. Dan is daar ’n ander span wat die feite nagaan, enige dubbelsinnigheid verwyder en ook die moeilikheidsgraad toets. 

7

Agter slot en grendel

Die sekuriteit rondom die vrae is baie streng en die “spel-en-vrae-rekenaar” word toegesluit in ’n hoë sekuriteitsvertrek. Slegs die operateur, ouditeur en vervaardiger het toegang. Die rekenaarstelsel is van oorsee af ingevoer en is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse formaat ontwerp. Die sagteware wat die hele program dryf, word ook vooraf gelaai – selfs met Afrikaanse spelling. 

8

’n Stel vir senuwees wat knaag

Daar is streng standaarde waaraan Wie word ’n miljoenêr? moet voldoen oor dit deel van die internasionale Who Wants to Be a Millionaire?-franchise is. Die logo word wel ’n bietjie aangepas vir die betrokke land, maar moet getrou bly aan die Wants to Be a Millionaire?-handelsmerk. Die stelontwerp is ’n plaaslike interpretasie van verskeie internasionale weergawes, maar baie van die elemente is dieselfde. Die vervaardigers ontvang ’n “formaat-bybel” van Sony International, wat die regte van Wants to Be a Millionaire? besit. Dit bevat baie streng reëls, regulasies, riglyne en dien ook as ’n integriteitshandleiding. 

9

Ligte, kamera, aksie!

Die stel se klank, ligte en grafika op die verskillende skerms word deur een sentrale rekenaarstelsel beheer. Die LED-skerms wat op die vloer en agter die aanbieder en deelneemer verskyn, is saam met die beligting aan dié stelsel gekoppel sodat alles gesinchroniseer is. 

10

Skarrel agter-die-skerms

Die produksiespan bestaan uit ongeveer 20 lede, terwyl daar sowat 25 tegnici is wat onder meer die kamerawerk, regie, klank en beligting hanteer. Daar is ook talle ander mense wat agter die skerms werk, soos stelbouers. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies