Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Sep 2022]

Wat om te kyk op Netflix in September 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Die plaaslike fantasiereeks ‘The Brave Ones’, Ana de Armas as Marilyn Monroe in die ‘Blonde’, Hollywood-rooftogte in ‘The Real Bling-Ring’, en die tweede seisoen van ‘Fate: The Winx Saga’.

Wat om te kyk op Netflix in September 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top–keuses.

Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.

The Brave Ones

Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in hierdie nuwe wetenskapfiksie-reeks.

The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer om só haar vyande te verslaan en haar gesin te red.

Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af en is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens.

The Brave Ones is geskep deur die bekende regisseur, skrywer en akteur Akin Omotoso (Vaya, Tell Me Sweet Something).

Vanaf 16 September beskikbaar om te stroom.

Soortgelyke reekse:

Blonde

Daar is nie ’n blondine – geneties of ge-dye – meer bekend as Marilyn Monroe nie. Daar is al etlike boeke, TV-reekse, dokkies en flieks oor dié aktrise geskep, maar Blonde is nie ’n sommerso storie nie.

Blonde is gegrond op die topverkoper-roman deur die gevierde en bekroonde skrywer Joyce Carol Oates, en is ’n herverbeelding eerder as ’n hervertelling van die ikoon se verhaal. Soos in die boek, is die fliek ook vrymoedig in hoe dit Monroe se verhaal verbeel – vanaf haar kinderjare as Norma Jeane, haar opkoms as ’n Hollywood-ster, en die romantiese verhoudings waarin sy verstrengel geword het.

Dit is moeilik om feit van fiksie in Marilyn-vertellings te skei – maar met Blonde is dit asof daar ruimte vir ’n groter grysarea geskep word. Asof daar ’n stille toestemming is om te wonder en nié te weet nie, en die strewe na absolute waarheid vir eers agterweë te laat. Hierdie is bloot wat kon gewees het; ’n verbeeldingsvlug.

Blonde spog ook met ’n fantastiese rolverdeling met onder andere Ana de Armas as Marilyn, Bobby Cannavale, Adrien Brody, Julianne Nicholson, Xavier Samuel en Evan Williams.

Vanaf 28 September beskikbaar om te stroom.

Soortgelyke kykstof:

Fate: The Winx Saga S2

Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. 

Met die aanvang van die tweede seisoen is die skool onder die stuur en gluur van die militante skoolhoof, Rosalind. As feë in die nag begin verdwyn ontdek die groep vriende ’n nuwe bedreiging tot hul bestaan. 

Borrelgom-kykstof meer as enigiets anders, maar somtyds het ’n mens nodig iets te kyk wat geen breinkrag of commitment verg nie. Dis net die reeks daarvoor.

Stroom die tweede seisoen vanaf 16 September. 

Soortgelyke reekse:

The Real Bling Ring: Hollywood Heist

The Real Bling Ring
Alexis Haines in The Real Bling Ring: Hollywood Heist. Foto: Netflix

Eers was daar Vanity Fair-artikel, toe kom ’n Hollywood-fliek met Emma Watson. Tog – die volle waarheid oor die sogenaamde Bling Ring-rooftogte is nog nie vertel nie. Altans, dis wat die skeppers van dié dokkiereeks beweer. Ek is geneig om saam te stem – die vertellers is die keer immers die rowers self…

Tien jaar ná die berugte rooftogte, het die skuldiges hul tronkstraf uitgedien en dien as die vertellers in The Real Bling Ring: Hollywood Heist oor die Hollywood Hills-huisbrake wat destyds TMZ oortyd laat werk het. Die reeks is ’n amperse waarskuwing. Dit wys wat kan gebeur as ’n roem- en sosiale media-behepte kultuur onder tieners geheel en al buite beheer raak.

Met onderhoude met Alexis Haines (Neiers), Nick Norgo (Prugo), Andrea Arlington-Dunne, Gabrielle Hames, Audrina Patridge en Perez Hilton.

Stroom vanaf 21 September.

Soortgelyke kykstof:

Ook nuut op Netflix in September:

1 September 2022

  • Off the Hook – Netflix Series
  • Love in the Villa – Netflix Film
  • Fenced In – Netflix Film
  • Samurai Rabbit: The Usagi Chronicles: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • JoJo’s Bizarre Adventure: Stone Ocean Episodes 13-24 – Netflix Series
  • 8 Mile 
  • A Cinderella Story 
  • Jaws 
  • 300: Rise of an Empire
  • This Is 40

2 September 2022

  • Devil in Ohio – Netflix Series
  • Dated and Related – Netflix Series
  • You’re Nothing Special – Netflix Series
  • Fakes – Netflix Series
  • Buy My House – Netflix Series
  • Fabulous Lives of Bollywood Wives: Season 2 – Netflix Series
  • Ivy + Bean: The Ghost That Had to Go – Netflix Kids & Family Film
  • Ivy + Bean– Netflix Kids & Family Film
  • Ivy + Bean: Doomed to Dance – Netflix Kids & Family Film
  • The Festival of Troubadours – Netflix Film

3 September 2022

  • Little Women – Netflix Series

5 September 2022

  • Once Upon a Small Town – Netflix Series
  • Cocomelon: Season 6 – Netflix Kids & Family Series

6 September 2022

  • Diorama – Netflix Film
  • Sheng Wang: Sweet and Juicy – Netflix Comedy Special
  • Rodrigo Marques: King of Uncouth – Netflix Comedy Special
  • Get Smart With Money – Netflix Documentary 
  • Untold: The Race of the Century – Netflix Documentary 
  • Bee and PuppyCat– Netflix Kids & Family Series

7 September 2022

  • Chef’s Table: Pizza – Netflix Documentary 
  • Indian Predator: The Diary of a Serial Killer – Netflix Documentary 

8 September 2022

  • Entrapped – Netflix Series
  • The Anthrax Attacks – Netflix Documentary 

9  September 2022

  • Cobra Kai: Season 5 – Netflix Series
  • Narco–Saints – Netflix Series
  • End of the Road – Netflix Film
  • No Limit – Netflix Film
  • Merlí. Sapere Aude: Season 2 – Netflix Series

12 September 2022

  • Ada Twist, Scientist: Season 3 – Netflix Kids & Family Series

13 September 2022

  • Jo Koy: Live from the Los Angeles Forum – Netflix Comedy Special

14 September 2022

  • The Lørenskog Disappearance – Netflix Series
  • El Rey, Vicente Fernández – Netflix Series
  • Heartbreak High – Netflix Series

14 September 2022

  • Broad Peak – Netflix Film
  • The Catholic School – Netflix Film
  • Sins of Our Mother – Netflix Documentary 

15 September 2022

  • Liss Pereira: Adulting – Netflix Comedy Special
  • Dogs in Space: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • Terim – Netflix Documentary 

16 September 2022

  • Santo– Netflix Series
  • Fate: The Winx Saga: Season 2 – Netflix Series
  • The Brave Ones – Netflix Series
  • Love Is Blind: After the Altar: Season 2 – Netflix Series
  • Do Revenge – Netflix Film
  • I Used to Be Famous – Netflix Film
  • Jogi – Netflix Film
  • Mirror, Mirror – Netflix Film
  • Gymnastics Academy: A Second Chance – Netflix Kids & Family Series
  • Drifting Home – Netflix Film
  • Skandal! Bringing Down Wirecard – Netflix Documentary 

19 September 2022

  • Go Dog Go: Season 3 – Netflix Kids & Family Series

20 September 2022

  • Patton Oswalt: We All Scream – Netflix Comedy Special

21 September 2022

  • Iron Chef Mexico – Netflix Series
  • Designing Miami – Netflix Series
  • The Perfumier – Netflix Film
  • The Real Bling Ring: Hollywood Heist – Netflix Documentary 
  • Fortune Seller: A TV Scam– Netflix Documentary 

22 September 2022

  • Snabba Cash: Season 2 – Netflix Series
  • Thai Cave Rescue – Netflix Series
  • The Dreamlife of Georgie Stone – Netflix Documentary 
  • Karma’s World: Season 4 – Netflix Kids & Family Series

23 September 2022

  • The Girls at the Back – Netflix Series
  • Jamtara – Sabka Number Ayega: Season 2 – Netflix Series
  • ATHENA – Netflix Film
  • A Jazzman’s Blues – Netflix Film
  • Lou – Netflix Film
  • Pokémon: The Arceus Chronicles – Netflix Kids & Family Film

24 September 2022

  • Dynasty: Season 5 – Netflix Series
  • Fullmetal Alchemist The Final Alchemy – Netflix Film

26 September 2022

  • A Trip to Infinity – Netflix Documentary 
  • My Little Pony: Make Your Mark: Chapter 2 – Netflix Kids & Family Series

27 September 2022

  • Nick Kroll: Little Big Boy – Netflix Comedy Special

28 September 2022

  • Inside the World’s Toughest Prisons: Season 6 – Netflix Series
  • Too Hot to Handle: Brazil: Season 2 – Netflix Series
  • Eat the Rich: The GameStop Saga – Netflix Documentary 
  • Blonde – Netflix Film

29 September 2022

  • The Empress – Netflix Series
  • Joker

30 September 2022

  • Floor is Lava: Season 3 – Netflix Series
  • Human Playground – Netflix Series
  • Entergalactic – Netflix Special
  • Rainbow – Netflix Film
  • Anikulapo – Netflix Film
  • Phantom Pups – Netflix Kids & Family Series

Datums nog onbekend

  • Cyberpunk: Edgerunners – Netflix Series
  • Who Likes My Follower? – Netflix Series
  • Plan A Plan B – Netflix Film

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies