Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top–keuses.
Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.
Guillermo Del Toro’s Cabinet of Curiosities
Bisarre nagmerries ontvou in agt angswekkende verhale in hierdie visueel verstommende, gruwelversameling wat deur die Oscar-bekroonde filmmaker en skepper, Guillermo del Toro, saamgestel is.
Del Toro is veral bekend vir Pan’s Labyrinth en Shape of Water. Met Cabinet of Curiosities is die aanslag egter ietwat anders. Die reeks bestaan uit agt riller-stories – waaronder twee wat deur Del Toro self geskryf is – wat bedoel is om ons idees van gruwel en gruwel-stories uit te daag. Die versameling wissel van makaber tot toweragtig, van goties tot grillerig, en word met Del Toro se kenmerkende gesofistikeerde styl vertel. Del Toro het ook die reeks se span skrywers en regisseurs met die hand gekies.
Onder die rolverdeling tel Rupert Grint van Harry Potter-faam, Ben Barnes (Westworld) en Dan Stevens (Downton Abbey).
Vanaf 25 Oktober beskikbaar om te stroom.
Soortgelyke reekse om te kyk:
Hasan Minhaj’s The King’s Jester
Hasan Minhaj het bekendheid verwerf as een van The Daily Show with Trevor Noah se grappige korrespondente, maar dis eers met sy bekroonde Netflix-reeks, Patriot Act, wat ’n mens sy kwinkslag-genialiteit ten volle kon begin waardeer.
In The King’s Jester, sy tweede stand-up special wat hy vir Netflix gemaak het, deel hy sy gedagtes oor vrugbaarheid, vaderskap en vryheid van spraak. Die special, wat by die historiese Brooklyn Academy of Music verfilm is, is briljant – Minhaj kry dit reg om in te zoom met skreeusnaakse persoonlike stories, en terselfdertyd skreiende kommentaar oor die breër realiteite en zeitgeist te lewer. Dis selfs – en ons sê dit nie sommer nie – beter as debuut stand-up special, Homecoming King. En daai was goud!
Vanaf 4 Oktober op Netflix.
Soortgelyke stories:
The School for Good and Evil
Sophie en Agatha se vriendskap word op die proef gestel as dié twee beste vriende hulself aan teenoorgestelde kante van ’n towerskool vir toekomstige sprokieshelde en -skurke bevind.
Sophie (Sophia Anne Caruso) en Agatha (Sofia Wylie) is onwaarskynlike vriende. Sophie, ‘n goue-haar naaldwerkster, droom daarvan om haar treurige lewe te ontsnap en ’n prinses te word. Dít terwyl Agatha, met haar grimmige estetika en aweregse ma, die maaksels van ’n ware heks het. Een nag, onder ’n bloedrooi maan, beland die twee by die School of Good and Evil. Maar uit die staanspoor is daar iets wat skort: Sophie word by die School for Evil, wat deur die glansryke suurtong Lady Lesso (Charlize Theron) bestuur word, ingelyf, en Agatha by die School for Good, onder toesig van die sonnige en vriendelike professor Dovey (Kerry Washington). Asof dit nie moeilik genoeg was om klasse saam met die nasate van die Wicked Witch (Freya Parks), Captain Hook (Earl Cave) en die spoggerige seun van King Arthur (Jamie Flatters) te hê nie, moet die twee ’n manier vind om plekke om te ruil – soos dit eintlik hoort. Al wat glo sake kan regstel is “true love’s kiss”. Maar dan daag ’n man (Kit Young) met geheimsinnige bande met Sophie op en dreig om die skool en die wêreld daarbuite heeltemal te vernietig. Gelukkige eindes sal moet wag – hulle moet eers oorleef.
Die fliek is gegrond op die internasionale topverkoperboeke deur Soman Chainani en Paul Feig is die regisseur.
Stroom dit vanaf 19 Oktober op Netflix.
Soortgelyke stories:
Notre-Dame
Dié dramareeks is losweg gegrond op die stories van die Franse brandbestryders wat in 2019 Parys se ikoniese Notre-Dame van ’n vlammehel probeer red het.
Die reeks speel af tydens die nag wat dié katedraal gebrand het en verweef die ramp met die persoonlike verhale van die brandbestryders soos hulle probeer keer dat die vlamme in die katedraal versprei.
Stroom dit vanaf 19 Oktober op Netflix.
Soortgelyke stories:
The Trapped 13: How We Survived The Thai Cave
In hierdie boeiende dokumentêr vertel lede van die Thaise jeugsokkerspan hul stories van oorlewing nadat hulle in 2018 vir 18 dae in die Tham Luang-grot vasgevang was.
Stroom dit vanaf 5 Oktober.
Soortgelyke dokkies:
Ook nuut op Netflix in Oktober:
2 Oktober 2022
- Forever Queens – Netflix Series
3 Oktober 2022
- Chip and Potato: S4 – Netflix Kids & Family Series
5 Oktober 2022
- Bling Empire: S3 – Netflix Series
- Nailed It!: S7- Netflix Series
- High Water – Netflix Series
- The Fight for Justice: Paolo Guerrero – Netflix Series
- Togo – Netflix Film
- Jumping from High Places – Netflix Film
- Mr. Harrigan’s Phone – Netflix Film
6 Oktober 2022
- Aftershock: Everest and the Nepal Earthquake – Netflix Documentary
- The Joys and Sorrows of Young Yuguo – Netflix Documentary
7 Oktober 2022
- Derry Girls: Season 3 – Netflix Series (Redakteurskeuse)
- Conversations with a Killer: The Jeffrey Dahmer Tapes – Netflix Documentary
- Glitch – Netflix Series
- The Midnight Club – Netflix Series
- The Mole – Netflix Series
- Man on Pause – Netflix Series
- Tiger & Bunny 2 Part 2 – Netflix Series
- Old People – Netflix Film
- Luckiest Girl Alive – Netflix Film
- Doll House – Netflix Film
- Oddballs – Netflix Kids & Family Series
- Kev Adams: The Real Me – Netflix Comedy Special
- The Redeem Team – Netflix Documentary
10 Oktober 2022
- Spirit Rangers – Netflix Kids & Family Series
11 Oktober 2022
- The Cage – Netflix Series
- Someone Borrowed – Netflix Film
- Iliza Shlesinger: Hot Forever – Netflix Comedy Special
- DEAW#13 Udom Taephanich Stand Up Comedy Show – Netflix Comedy Special
- Island of the Sea Wolves – Netflix Documentary
12 Oktober 2022
- Belascoarán, PI – Netflix Series
- Easy-Bake Battle – Netflix Series
- Wild Croc Territory – Netflix Series
13 Oktober 2022
- Sue Perkins: Perfectly Legal – Netflix Series
- The Playlist – Netflix Series
- Dead End: Paranormal Park: Season 2- Netflix Kids & Family Series
- Exception – Netflix Series
14 Oktober 2022
- Everything Calls for Salvation – Netflix Series
- Holy Family – Netflix Series
- Mismatched: Season 2 – Netflix Series
- Black Butterflies – Netflix Series
- Take 1- Netflix Series
- The Curse of Bridge Hollow – Netflix Film
15 Oktober 2022
- Under the Queen’s Umbrella – Netflix Series
17 Oktober 2022
- Waffles + Mochi’s Restaurant – Netflix Kids & Family Film
18 Oktober 2022
- Somebody Feed Phil: Season 6 – Netflix Series
- Gabriel Iglesias: Stadium Fluffy – Netflix Comedy Special
- LiSA Another Great Day – Netflix Documentary
19 Oktober 2022
- The Green Glove Gang – Netflix Series
- The Stranger – Netflix Film
21 Oktober 2022
- Descendant – Netflix Documentary
- 28 Days Haunted – Netflix Series
- Barbarians II – Netflix Series
- From Scratch – Netflix Series
- High: Confessions of an Ibiza Drug Mule – Netflix Series
- ONI: Thunder God’s Tale – Netflix Kids & Family Film
23 Oktober 2022
- Franco Escamilla: Eavesdropping – Netflix Comedy Special
24 Oktober 2022
- The Chalk Line – Netflix Film
25 Oktober 2022
- Fortune Feimster: Good Fortune – Netflix Comedy Special
- Barbie Epic Road Trip – Netflix Kids & Family Film
26 Oktober 2022
- Hellhole – Netflix Film
- Robbing Mussolini – Netflix Film
- Fugitive: The Curious Case of Carlos Ghosn – Netflix Documentary
- The Good Nurse – Netflix Film
27 Oktober 2022
- Romantic Killer – Netflix Series
- Dubai Bling – Netflix Series
- Cici – Netflix Film
- Family Reunion: Part 5 – Netflix Kids & Family Series
- Daniel Spellbound – Netflix Kids & Family Series
- Earthstorm – Netflix Documentary
28 Oktober 2022
- The Bastard Son & The Devil Himself – Netflix Series
- Big Mouth: Season 6 – Netflix Series
- If Only – Netflix Series
- Drink Masters – Netflix Series
- Wendell & Wild – Netflix Kids & Family Film
- All Quiet on the Western Front – Netflix Film
- Wild is the Wind – Netflix Film
- I AM A STALKER – Netflix Documentary
- My Encounter with Evil – Netflix Documentary
29 Oktober 2022
- Deadwind: S3 – Netflix Series
- Unsolved Mysteries: Volume 3 – Netflix Series (weeklikse episodes)
- Love Is Blind: S3 (weeklikse episodes)
Datums nog onbevestig:
- Inside Man – Netflix Series
- 20th Century Girl – Netflix Film
Ander (reekse en flieks wat nie deur Netflix vervaardig is nie):
1 Oktober
- Corpse Bride
- Riverdale: S5
- The Good Doctor: S4
- The Curious Case of Benjamin Button
- A Nightmare on Elm Street
- Final Destination
- The Conjuring
- Goosebumps
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →