Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Des 2021]

Wat om te kyk op Netflix in Desember ’21


‘The Witcher S2’, ‘Queer Eye S6’ en ‘Emily in Paris S2’ tel onder vandeesmaand se hoogtepunte op Netflix in Suid-Afrika.

Wat om te kyk op Netflix in Desember ’21

Mixtape

Op die vooraand van Y2k (onthou julle dit nog?!) ontdek die wees en ongemaklike 12-jarige Beverly Moody (Gemma Brooke Allen) ’n stukkende mixtape wat deur haar tienerouers gemaak is. Beverly word deur haar ouma, Gail (Modern Family se Julie Bowen), grootgemaak, wat dit moeilik vind om oor haar oorlede dogter te praat. Vir Beverly is die mixtape dus ’n kans om meer oor haar ouers te leer. Sy besluit om die liedjies te vind en maak vriende met haar eienaardige buurvrou, Ellen (Audrey Hsieh), die intimiderende en taai Nicky (Olga Petsa), asook Anti (Nick Thune), ’n anti-alles eienaar van ’n musiekwinkel.

Natuurlik lei dit ook tot ’n sterker band tussen Beverly en haar ouma. Ja, ja, clichè, maar ’n mens het iets moois nodig aan die einde van nog ’n pandemie-jaar.

Vanaf 3 Desember.

The Hand of God

Die Oscar-bekroonde skrywer en regisseur Paolo Sorrentino (Il Divo, The Great Beauty, The Young Pope) vertel die verhaal van ’n seun, Fabietto Schisa, wat in die onstuimige Napels van die 1980’s afspeel. 

The Hand of God is ’n storie vol onverwagte vreugdes, soos die koms van die sokkerlegende Diego Maradona, en ’n ewe onverwagte tragedie. 

Die noodlot speel sy rol, vreugde en tragedie vervleg, en die saadjies vir Fabietto se toekoms word gesaai. 

Die fliek is ook Italië se amptelike inskrywing vir 2022 se Oscars in die beste internasionale rolprent-kategorie.

Die Globe and Mail se resensent skryf: “The Hand of God is ’n wyd uitgestrekte, pragtige gemors, maar een waarvan jy nie kan wegkyk nie – en dit kan dalk net jou hart breek.”

Vanaf 15 Desember.

The Witcher S2

Met die afskop van die tweede seisoen is Geralt oortuig daarvan dat Yennefer in die Slag van Sodden dood is en besluit om vir prinses Cirilla na sy kinderhuis, Kaer Morhen, te neem om haar veilig te hou.

Terwyl die vasteland se konings, elwe, mense en demone streef na oppergesag buite Kaer Morhen se mure, moet hy die meisie teen iets baie gevaarliker beskerm: haarself.

Vanaf 17 Desember.

Emily in Paris S2

Hoewel sy nou meer gemaklik in haar vel in Parys is en so ’n bietjie beter die stad kan navigeer, sukkel Emily (Lily Collins) steeds met die eienaardighede van die Franse lewe.

Nadat sy in ’n liefdesdriehoek met haar buurvrou en haar eerste regte Franse vriendin beland het, is Emily vasbeslote om op haar werk te fokus – wat by die dag meer ingewikkeld raak.

Hoewel die reeks nie wat wonders is nie (lees: dis eintlik nogal swak) was dit Netflix se gewildste komediereeks van 2020. ’n Mens kan maar net die pandemie blameer vir kykers se laer standaarde, maar die feit dat dit ’n reeks vol mooi-mooi-mooi mense is, en boonop ook in Parys afspeel, vergoed darem vir ’n substandaard storielyn en vrot toneelspel.

Vanaf 22 Desember.

Queer Eye S6

Die Emmy-bekroonde werklikheidsreeks Queer Eye keer terug na die kassie om weer met ’n bietjie TLC hier en ’n haarsny daar mense se lewens handomkeer te verander.

In die nuwe seisoen reis die reeks se Karamo Brown, Jonathan Van Ness, Antoni Porowski, Bobby Berk en Tan France na Austin, Texas, óftewel cowboy-land.

Vanaf 31 Desember.

Nog hoogtepunte:

1 Desember

  • Lost in Space S3
  • The Power of the Dog
  • The Cleanse
  • Border Town: Mural Murders

2 Desember 

  • The Whole Truth
  • The Coyotes
  • Single All the Way

3 Desember

  • Money Heist: Part 5 Vol 2
  • Coming Out Colton
  • Cobalt Blue

6 Desember

  • Voir

7 Desember

  • Nicole Byer: BBW (Big Beautiful Weirdo)

10 Desember 

  • Anonymously Yours
  • Jay & Silent Bob Reboot 
  • Aranyak
  • The Unforgivable

11 Desember

  • The Hungry and the Hairy

14 Desember

  • The Future Diary
  • Russell Howard: Lubricant

19 Desember

  • What Happened in Oslo

21 Desember

  • Grumpy Christmas
  • Jim Gaffigan: Comedy Monster

24 Desember 

  • Don’t Look Up
  • The Silent Sea

25 Desember

  • Single’s Inferno
  • Stories of a Generation – with Pope Francis
  • Jimmy Carr: His Dark Material

29 Desember

  • Anxious People
  • Crime Scene: The Times Square Killer

31 Desember

  • Stay Close
  • Cobra Kai: Season 4

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies