Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Des 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Desember 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Noah Centineo en sy dimples meld aan as nuwe CIA-agente in ‘The Recruit’; ‘Emily in Paris’ keer terug vir ’n derde seisoen; Roald Dahl se geliefde karakter, Matilda, herverbeel in ’n nuwe fliek.

Wat om te kyk op Netflix in Desember 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top–keuses.

Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.

Emily in Paris S3

Emily in Paris Wat om te kyk op Netflix
Lily Collins as Emily in Emily In Paris. Foto: Stéphanie Branchu/Netflix © 2022

Kyk, ek weet regtig nie hoekom nie, want dit is wraggies een van die swakste reekse op TV, maar Emily in Paris het kykers bekoor. Ek skryf dit maar toe aan die reeks se grimering- en wardrobe-departement, want minstens is alles in hierdie reeks mooi om na te kyk. Lily Collins, as onse hoofkarakter Emily, se uitrustings is ’n fashionista se droom – al weet ons dit is onmoontlik dat haar karakter enigiets wat sy het in die reeks op haar salaris kan bekostig. Maar wat is geld mos? 

In die derde seisoen van Emily in Paris bevind Emily haarself by ’n kruispad. Toe ons haar in die eerste seisoen ontmoet het, het sy pas van Chicago na Parys vir haar droomwerk verhuis, maar nou moet die pop grootword. Dis tyd om te adult. En ons almal weet om te adult is g’n lekker nie. Veral nie as jy moet kies tussen jou liefdeslewe en jou professionele ambisies nie. Minstens kan sy haar steeds in Parys se stadsavonture verdiep. 

Très cliché but do it for the fashun, babe.

Vanaf 21 Desember op Netflix beskikbaar. 

Kyk ook:

The Recruit S1

The Recruit, met To All the Boys I’ve Loved Before se Noah Centineo in die hoofrol as Owen Hendricks, draai om ’n jong prokureur wat vir die CIA werk. Owen se eerste week op kantoor is besig om kakker as kak uit te draai – hy word immers in die diep kant gegooi as hy op ’n brief afkom waarin een van die CIA se voormalige spioene dreig om van dié agentskap se donkerste geheime uit te lap as sy nie van ’n ernstig misdaad vrygespreek word nie. Owen is dalk nie opgewasse vir die internasionale magspolitiek wat om hom afspeel nie, maar met sy oulike dimples, krullekop, en flink(-erige) brein as sy beste bates, besef hy ook dís sy kans om sy stempel af te druk.

Ook in die rolverdeling is Fivel Stewart, Vondie Curtis Hall, Kristian Bruun, Aarti Mann, Colton Dunn en Daniel Quincy Annoh.

Vanaf 16 Desember beskikbaar om te stroom.

Soortgelyke kykstof:

Lady Chatterley’s Lover

D.H. Lawrence se 1928-boek, Lady Chatterley’s Lover, was vir jare iets wat mense in die geheim moes lees. Eers in 1960, ná ’n grensverskuiwende hofsaak wat die uitgewer, Penguin, gewen het, kon dit vrylik en sonder sensorskap gepubliseer word. Só wat was dit wat mense destyds so laat bloos het? Glo was dit nie net die sekstonele in die boek wat geskok het nie, maar ook die verhouding oor die spreekwoordelike treinspoor heen. 

Die verhaal draai om geliewe Lady Chatterley, óftewel Connie, wat in weelde leef nadat sy met Clifford Chatterley trou. Haar wêreld word egter op sy kop gedraai as Clifford van die Eerste Wêreldoorlog terugkeer met beserings wat haar uitkyk op die lewe heeltemal verander. Clifford kan nie meer loop nie. As sy vir Oliver Mellors, wat na hul landgoed omsien, ontmoet, is dit nie lank nie of sy val in die versoeking van haar seksuele ontwaking. Maar namate die plaaslike skindertonge oor dié verhouding klap, moet Connie ’n lewensveranderende besluit neem.

Vanaf 2 Desember op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Kyk ook:

Roald Dahl’s Matilda The Musical

Dié Netflix-fliek is ’n splinternuwe weergawe van die bekroonde – en übergeliefde – musiekblyspel, Matilda the Musical. Die storie is gegrond op die Roald Dahl-karakter en -boek wat sedert 1988 soos stapelvoedsel in kinders (en volwassenes) se leesdieet is. Dis nie die eerste keer wat die boek in ’n fliek omskep word nie – ons eie Suid-Afrikaans-gebore Embeth Davidtz het die rol van Miss Honey in die gewilde 1996-fliek, Matlida, vertolk. Daarin het Mara Wilson die titelrol gespeel. 

Dié nuwe Netflix-uittog neem egter, anders as die 1996-fliek maar soos die verhoogproduksie, die aard van ’n musiekblyspel aan. Hiervoor het Tim Minchin die musiek en lirieke geskryf terwyl die Tony-bekroonde filmmaker, Matthew Warchus, die regie behartig het. Die draaiboek is deur Dennis Kelly vir die grootskerm verwerk. 

As jy nog nie die storie ken nie, is dit tyd dat jy vir Matlida, met haar springlewendige verbeelding, wilskrag en dapperheid ontmoet. Matilda Wormwood (Alisha Weir) mag immers dalk net ’n klein dogtertjie wees as ons haar ontmoet, maar sy is baie nuuskierigheid, flink en met ’n gesonde verstand. Sy het ook ongelukkig die haglikste ouers in die wêreld. Terwyl haar ouers (Stephen Graham en Andrea Riseborough) tevrede is met gemors-TV en skelm-geldmaakskemas, vind Matilda in haar boeke ontvlugting. As sy haar lieflike juffrou by Crunchem Hall ontmoet, Miss Honey (Lashana Lynch), begin Matilda om haar eie fantastiese verhale te skep. Maar sy is ook teleurgesteld dat die skool eintlik ook ’n plek van onderdrukking is, met die skurkagtige Miss Trunchbull (Emma Thompson) aan die stuur van sake. Matilda is nie een wat op haar laat wag nie – sy waag eerder om standpunt in te neem en vir Trunchbull ’n les te leer. 

Vanaf 25 Desember beskikbaar om te stroom. 

Glass Onion: A Knives Out Mystery

Ná die reuse-sukses van filmmaker Rian Johnson se whodunit, Knives Out, keer speurder Benoit Blanc terug om ’n nuwe raaisel in die opvolgprent, Glass Onion: A Knives Out Mystery, op te los. 

Die keer is die speurder op ’n weelderige privaatlandgoed op ’n Griekse eiland – dís dan ook hier waar die raaisels begin. Hoekom is hy hier en hoe het hy hier gekom? Blanc ontmoet dan ’n groep vriende wat op die eiland vir hul jaarlikse reünie op uitnodiging van die miljardêr Miles Bron bymekaar gekom het. Die “vriende” (’n goeie speurder weet om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie!) is ’n uiteenlopende lot. Daar’s Miles se voormalige sakevennoot, Andi Brand; die politikus Claire Debella, die wetenskaplike Lionel Toussaint, modeontwerper en voormalige model Birdie Jay en haar pligsgetroue assistent Peg, en die invloedryke Duke Cody en sy vriendin, Whiskey. Uit die staanspoor is dit duidelik dat al dié karakters geraamtes wegsteek, maar wat presies hul geheime, leuens en redes behels, is duister. As een dan dood aangetref word, is ieder en elk ’n verdagte. 

Die rolverdeling sluit in Daniel Craig en Edward Norton, asook  Janelle Monáe, Kathryn Hahn, Leslie Odom Jr., Jessica Henwick, Madelyn Cline, asook Kate Hudson en Dave Bautista.

Soos met Knives Out, blyk Glass Onion ook gebruik te maak van ’n uiters talentvolle ensemble om nuwe lewe in ou storie-tropes en clichès te blaas. Knives Out se 97%-punt op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes word onderskraag deur die resensente se konsensus dat die fliek ’n aansteeklike vreugde onder kykers ontlok. “Dit is plesierig en soms laf, maar dit is deurgaans pret,” skryf Film Companion se resensent.

Hopelik gee Glass Onion vir ons selfs meer van daardie vreugde. Genade weet, ons het dit nodig ná hierdie jaar…

Vanaf 23 Desember beskikbaar om te stroom. 

Ook nuut op Netflix in Desember:

1 Desember 2022

  • Dead End – Netflix Series
  • Troll  – Netflix Film
  • Qala  – Netflix Film
  • The Masked Scammer – Netflix Documentary 
  • JoJo’s Bizarre Adventure: Stone Ocean Episodes 25–38 – Netflix Series

2 Desember 2022

  • Firefly Lane: S2 Part 1 – Netflix Series
  • Hot Skull – Netflix Series
  • My Unorthodox Life: S2 – Netflix Series
  • Scrooge: A Christmas Carol  – Netflix Film
  • Warriors of Future  – Netflix Film
  • Sr. – Netflix Documentary 

5 Desember 2022

  • Mighty Express: Mighty Trains Race – Netflix Kids & Family Film

6 Desember 2022

  • Delivery by Christmas – Netflix Film
  • Sebastian Maniscalco: Is It Me? – Netflix Comedy Special
  • The Boss Baby: Christmas Bonus – Netflix Kids & Family Film

7 Desember 2022

  • The Most Beautiful Flower – Netflix Series
  • Smiley – Netflix Series
  • I Hate Christmas – Netflix Series
  • The Marriage App – Netflix Film
  • Burning Patience – Netflix Film
  • Too Hot to Handle: S4 Episodes 401– 405 – Netflix Series 

8 Desember 2022

  • In Broad Daylight: The Narvarte Case – Netflix Documentary 
  • The Elephant Whisperers – Netflix Documentary 
  • Lookism – Netflix Series (Redakteurskeuse)

9 Desember 2022

  • Dragon Age: Absolution – Netflix Series
  • Money Heist: Korea – Joint Economic Area Part 2 – Netflix Series
  • How to Ruin Christmas: The Baby Shower – Netflix Series
  • Dream Home Makeover: S4 – Netflix Series
  • CAT – Netflix Series
  • Guillermo del Toro’s Pinocchio  – Netflix Film (Redakteurskeuse)

10 Desember 2022

  • Alchemy of Souls: S1 Part 2 – Netflix Series

13 Desember 2022

  • Tom Papa: What A Day! – Netflix Comedy Special
  • Last Chance U: Basketball: S2 – Netflix Documentary 
  • Gudetama: An Eggcellent Adventure – Netflix Series
  • Single’s Inferno: S2 – Netflix Series

14 Desember 2022

  • Glitter – Netflix Series
  • Kangaroo Valley – Netflix Documentary 
  • Don’t Pick Up The Phone – Netflix Documentary
  • I Believe in Santa  – Netflix Film
  • Too Hot to Handle: S4 Episodes 406 – 410 – Netflix Series 

15 Desember 2022

  • Sonic Prime – Netflix Kids & Family Series
  • The Big 4  – Netflix Film
  • Violet Evergarden: Recollections – Netflix Series

16 Desember 2022

  • Cook at all Costs – Netflix Series
  • Paradise PD: Part 4 – Netflix Series
  • A Storm for Christmas – Netflix Series
  • Far From Home – Netflix Series
  • Summer Job – Netflix Series
  • Dance Monsters – Netflix Series
  • BARDO, False Chronicle of a Handful of Truths  – Netflix Film
  • The Volcano: Rescue from Whakaari – Netflix Documentary 
  • Private Lesson – Netflix Film

19 Desember 2022

  • Trolley – Netflix Series

20 Desember 2022

  • A Not So Merry Christmas – Netflix Film
  • The Seven Deadly Sins: Grudge of Edinburgh Part 1 – Netflix Film

21 Desember 2022

  • I AM A KILLER: S4 – Netflix Documentary 
  • Disconnect: The Wedding Planner – Netflix Film

22 Desember 2022

  • Mathieu Dufour at Bell Centre – Netflix Comedy Special
  • Alice in Borderland: Season 2 – Netflix Series

23 Desember 2022

  • Piñata Masters! – Netflix Series

25 Desember 2022

  • Time Hustler – Netflix Series
  • The Witcher: Blood Origin – Netflix Series (Redakteurskeuse)
  • Daughter From Another Mother: S3 – Netflix Series
  • Vir Das: Landing – Netflix Comedy Special

26 Desember 2022

  • Treason – Netflix Series

27 Desember 2022

  • Chelsea Handler: Revolution – Netflix Comedy Special

28 Desember 2022

  • Love Is Blind: Brazil: S2 – Netflix Series
  • The Circle: S5 – Netflix Series
  • 7 Women and a Murder – Netflix Film
  • A Night at the Kindergarten – Netflix Film
  • Stuck with You – Netflix Film

29 Desember 2022

  • Rise of Empires: Ottoman: S2 – Netflix Series
  • Brown and Friends – Netflix Kids & Family Film

30 Desember 2022

  • Chicago Party Aunt: Part 2 – Netflix  Series
  • Alpha Males – Netflix  Series
  • La Reina del Sur: S3 – Netflix  Series
  • White Noise – Netflix Film
  • Secrets of Summer: S2 – Netflix Kids & Family Series

31 Desember 2022

  • Best of Stand Up 2022 – Netflix Comedy Special

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies