Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Apr 2022]

Wat om te kyk op Netflix in April 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: ‘The Mystery of Marilyn Monroe’, die Suid-Afrikaanse aksie-uittog ‘Silverton Siege’, en die ontstaan van telefoonseks in ‘Dirty Lines’.

Wat om te kyk op Netflix in April 2022

Return to Space

Return to Space is ’n wetenswaardige blik op Elon Musk en SpaceX se ruimtereis-ambisies wat reeds oor meer as 20 jaar strek.  Die Oscar-bekroonde regisseurs Elizabeth Chai Vasarhelyi en Jimmy Chin (Free Solo, The Rescue) se vertelling bied ’n seldsame perspektief op die eerste bemanningsending uit Amerika sedert die Space Shuttle in 2011 uit diens geneem is. Só skep dit ’n intieme portret van die ingenieurs en ruimtevaarders wat vir dié geskiedkundige missie gekies is. 

Die dokkie volg die NASA-veterane Bob Behnken, Doug Hurley, asook hul gesinne, soos hulle vir die lansering voorberei. Ons sien hoe hulle uiteindelik die Internasionale Ruimtestasie bereik en dan natuurlik ook hul terugkoms (dramaties!) terwyl Musk en sy span dinge vanuit sendingbeheer bestuur. 

Vanaf 7 April 2022.

Kyk ook:

Silverton Siege

’n Trio anti-apartheid-vryheidsvegters se sabotasie-sending loop lelik skeef. Dan beland hulle in die middel van ’n bankrooftog…

Die fliek is op ’n ware verhaal gegrond.

Met Arnold Vosloo, Sarah Kozlowski, Tumisho Masha, Thabo Rametsi in die rolverdeling. 

Vanaf 27 April.

Kyk ook:

The Mystery of Marilyn Monroe: The Unheard Tapes

In hierdie dokumentêr neem ’n ondersoekende joernalis die geheimsinnige dood van Marilyn Monroe in oënskou. Dis iets wat al telkens gedoen is – dié aktrise se dood is immers gehul in gerugte en samesweringsteorieë. Tog het dié dokumentêr ’n eiesoortige trefkrag.

’n Prentjie van haar laaste weke, dae en ure voor haar dood word met nuwe oudio-opnames van onderhoude met diegene naaste aan haar geskets. Dié uitgebreide gesprekke weef die vrae rondom haar dood tot ’n meer intieme raaisel-tappisserie deur lig te op ’n troebel lewe te werp. Die glans was, oënskynlik, ’n blote vermomming.

Vanaf 27 April.

Kyk ook:

The Ultimatum: Marry or Move On

Ses paartjies het ’n ongemaklike dooiepunt in hul verhoudings bereik. Só kan dit nie aangaan nie. Iets, enigiets, moet gebeur sodat dié verhoudings, so gestagneer soos ’n vrot sepie-storielyn, koers kan kry. Die vraag is net, in watter rigting? Een maat wil trou, die ander maat voel weer louwarm oor die idee. Die ultimatum van die titel word dan gestel: oor agt weke móét die huiweriges besluit of hulle gaan bly of ry.

Terwyl die paartjies besluit of hulle die knoop gaan deurhak al dan nie, moet hulle ook ’n potensiële maat uit een van die ander paartjies kies om só te sien hoe ’n alternatiewe toekoms moontlik kan lyk.

Hoewel die premis van die reeks heel eenvoudig is, is menslike emosies diepergaande en verhoudingslae is versadig met ’n paartjie se ervarings en geskiedenis. Die sielkunde agter waarom ’n ultimatum in die eerste plek gestel moet word om saam te kan groei en ontwikkel, is bewys genoeg dat die reeks, so entertaining soos dit is, eerder nie as ’n verwysingspunt moet dien vir kykers wat dalk in soortgelyke situasies is nie. Tog, bingeworthy deluxe.

Vanaf 6 April.

Kyk ook:

Dirty Lines

Die storie van Dirty Lines begin in 1987 in Amsterdam – ’n tyd van groot sosiale verandering in die Nederlandse samelewing.

Dit draai deels om Marly Salomon, ’n sielkundestudent wat ’n deeltydse werk kry by Teledutch – ’n splinternuwe firma…en ook Europa se eerste erotiese telefoondiens. Die stigters, twee broers genaamd Frank en Ramon Stigter, het oornag ryk geword terwyl Marly haar midde ’n kulturele rewolusie in Amsterdam bevind. Dié sosiale ommeswaai bied die vertelling se breër konteks. Die einde van die Koue Oorlog het immers ’n nuwe generasie geïnspireer om anders, meer vry, meer voluit, selfs meer dapper te lewe. Nuwe musiek, nuwe dwelms, nuwe denke, nuwe oortuigings… Só ook ’n nuwe ervaring van anonieme seks wat deur Teledutch en sy werkers teweeggebring is.

Vanaf 8 April.

Kyk ook:

Ook nuut op Netflix:

1 April 2022

  • Trivia Quest – Netflix Series – Episodes Releasing Daily
  • Get Organized with The Home Edit: Season 2- Netflix Series
  • Tomorrow – Netflix Series
  • Battle: Freestyle – Netflix Film
  • Apollo 10 1/2: A Space Age Childhood – Netflix Kids & Family Film
  • The Bubble – Netflix Film
  • Forever Out of My League – Netflix Film
  • The Last Bus – Netflix Kids & Family Series
  • Celeb Five: Behind the Curtain – Netflix Comedy Special

5 April 2022

  • Ronny Chieng: Speakeasy – Netflix Comedy Special

6 April 2022

  • Green Mothers’ Club – Netflix Series
  • Michela Giraud: the Truth, I Swear! – Netflix Comedy Special
  • Furioza – Netflix Film
  • Jimmy Savile: A British Horror Story – Netflix Documentary

7 April 2022

  • Senzo: Murder Of A Soccer Star – Netflix Documentary

8 April 2022

  • Elite: Season 5 – Netflix Series
  • Dancing on Glass – Netflix Film
  • Metal Lords – Netflix Film
  • The In Between – Netflix Film
  • Yaksha: Ruthless Operations – Netflix Film
  • Tiger & Bunny 2 – Netflix Series
  • Green Eggs and Ham: Season 2 – Netflix Kids & Family Series

9 April 2022

  • My Liberation Notes – Netflix Series
  • Our Blues – Netflix Series

12 April 2022

  • Hard Cell – Netflix Series
  • The Creature Cases – Netflix Kids & Family Series

13 April 2022

  • Smother-in-Law – Netflix Series
  • Almost Happy: Season 2 – Netflix Series
  • Our Great National Parks – Netflix Documentary
  • The Taming of The Shrew – Netflix Film

14 April 2022

  • Ultraman: Season 2 – Netflix Series

15 April 2022

  • Heirs to the Land – Netflix Series
  • Anatomy of a Scandal – Netflix Series (Ed’s Choice)
  • Mai – Netflix Series
  • Choose or Die – Netflix Film

16 April 2022

  • Man of God – Netflix Film

19 April 2022

  • White Hot: The Rise & Fall of Abercrombie & Fitch – Netflix Documentary
  • Battle Kitty – Netflix Kids & Family Series
  • Pacific Rim: The Black: Season 2 – Netflix Series

20 April 2022

  • The Marked Heart – Netflix Series
  • Yakamoz S-245 – Netflix Series
  • Russian Doll: Season 2 – Netflix Series (Ed’s Choice)
  • The Turning Point – Netflix Film

21 April 2022

  • He’s Expecting – Netflix Series
  • All About Gila – Netflix Comedy

22 April 2022

  • The Seven Lives of Lea – Netflix Series
  • Heartstopper – Netflix Series
  • Along for the Ride – Netflix Film

26 April 2022

  • David Spade: Nothing Personal – Netflix Comedy Special

27 April 2022

  • Bullsh*t The Gameshow – Netflix Series

28 April 2022

  • Samurai Rabbit: The Usagi Chronicles – Netflix Kids & Family Series
  • Bubble – Netflix Film

29 April 2022

  • Grace and Frankie: Season 7 – The Final Episodes – Netflix Series
  • Honeymoon with My Mother – Netflix Film
  • Rumspringa – Netflix Film
  • Ozark S4: Part 2 (Ed’s Choice)

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies