Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Sep 2022]

Wat om te kyk op DStv in September 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Dinge kook in die kombuis in die nuwe seisoen van ‘My Kitchen Rules South Africa’; die finale seisoen van die bekroonde dramareeks, ‘Better Call Saul’; en die M-Net telenovela, ‘Legacy’, kom ook tot ’n einde.

Wat om te kyk op DStv in September 2022

Wat om te kyk op DStv in September – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

Better Call Saul S6

Die sesde, en laaste, seisoen van die bekroonde Breaking Badspin-off, Better Call Saul, se punt van 99% op Rotten Tomatoes is beduidend van wat uit die staanspoor duidelik was: Dié vertelling is haas onverbeterlik. 

As die swendelaar Jimmy McGill, óftewel sy alterego, die prokureur Saul Goodman, het Bob Odenkirk in beide Breaking Bad en Better Call Saul meesterlike vertolkings gelewer. Dit wil gedoen wees om sy Saul van ’n sekondêre karakter (in Breaking Bad) na ’n hoofkarakter (in Better Call Saul) te neem. Dit verg ’n diepe begrip van ’n karakter se wese, se menswees, om ’n vertolking as’t ware ongedaan te maak, van voor af te begin, en dan sal selfs iets beter te skep. Waar Jimmy se alterego reeds as Saul gevestig was toe ons hom in Breaking Bad ontmoet het, is Better Call Saul die verhaal van hoe hy in dié prokureur wat misdadigers loskry verander het. 

Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het, met die eerste nege episodes wat in 2004 afspeel – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Die laaste lot episodes van die reeks speel in 2010 af – ná die gebeure van Breaking Bad – met Saul wat weer ’n nuwe identiteit aangeneem het en as Gene Takavic van die gereg wegkruip.

Ook in die rolverdeling is onder andere Rhea Seehorn, Tony Dalton, Giancarlo Esposito en Jonathan Banks.

Vanaf 5 September om 22:00 op Me (DStv-kanaal 115), DStv Online en Catch Up.

My Kitchen Rules South Africa S4

Die musikant en celeb-sjef J’Something en die restauranteur David Higgs keer weer  terug om die leisels in die vierde seisoen van My Kitchen Rules SA te neem. Daar is hierdie keer weer R1 miljoen op die spel vir die kombuisduo wat die potte die lekkerste kan laat prut.

Die derde seisoen se wenners, Wessel Pieterse en Izak Redelinghuys, is in Desember verlede jaar aangewys. Jy kan die derde seisoen op Showmax kyk.

Weeklikse episodes vanaf Sondag, 4 September om 18:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.

Running Wild With Bear Grylls: The Challenge S1

Bear Grylls is bekend vir sy avonture en dié keer daag hy ’n rits beroemdes uit om saam met hom die wildernis in te vaar.

In Running Wild With Bear Grylls: The Challenge is Grylls die leermeester en celebs soos Ashton Kutcher, Natalie Portman en Florence Pugh sy kranige studente as hulle oorlewingsvaardighede by hom leer. Dis nie net van show and tell nie – hulle moet dan ook bewys dat hulle dié vaardighede bemeester het as hulle in verskillende stresvolle situasies geplaas word.

Tussendeur is daar ook tyd vir gesels en só sien ons ook ’n ander sy van die celebs se menswees.

Vanaf 28 September op National Geographic (DStv-kanaal 181) en DStv Online.

Legacy S2

Wat om te kyk op DStv in September 2022 Legacy
Onder die rolverdeling van Legacy tel (van links na regs): Michelle Botes, Sean-Marco Vorster, Mary-Anne Barlow, Kgomotso Christopher, Reandi Grey, Siyabonga Thwala en Anton David Jephta. Foto: Verskaf

Daar was baie drama, baie rugstekery, baie leuens en, natuurlik, baie SKANDAAL. Nes dit mos ’n telenovela betaam. Legacy was M-Net se offer aan die überdrama-gode en vir twee jaar het die Price-familie ons op die punt van ons stoele met al hul gekonkel en gekul (en ’n klomp ander dinge) gehou. Maar die storie oor skatryk beleggers wat soos Scrooge McDuck so baie geld het dat hulle daarin kan rondswem, loop vandeesmaand tot ’n einde. Die laaste episode saai 17 September uit.

Tot en met 17 September saai Legacy steeds Maandag tot Donderdag om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uit en is ook op DStv Online en Catch Up beskikbaar. Die telenovela is ook reeds op Showmax beskikbaar om te binge.

Ook nuut op DStv in September: 

Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

1 September 2022

  • Attenborough’s Global Adventure S1
  • Bull S6
  • Inside Dubai S1
  • Mzansi Greed Stories S1
  • Agter Tralies S4
  • Privaatspeuders S1
  • S.W.A.T. S2
  • Ufelani S18

2 September 2022

  • Extraordinary Humans S1
  • Two Shallow Graves S1
  • Phuma Moya Omubi S1
  • Dr. Pimple Popper S4
  • Tia Mowry At Home S2

3 September 2022

  • Robson And Jim’s Icelandic Fly Fishing Adventure S1
  • The Journey Of India
  • Peter Rabbit 2: The Runaway
  • SAFTAs 2022
  • Alex Vs America S2
  • Mamazala S13
  • Family Or Fiancé S3
  • Razor Customs S2
  • My Extreme Stammer And Me

4 September 2022

  • My Kitchen Rules South Africa S4
  • House Of Gucci
  • Below Deck Down Under S4
  • X-Repo S4
  • Wild America Stunt
  • My Multiple Personalities And Me

5 September 2022

  • I Love That For You S1 (Redakteurskeuse)
  • Murdered By Morning S1
  • Blown Away S2
  • Kendra Sells Hollywood S1
  • Devil In The Web S1
  • Ridiculousness S26
  • Black Ink Crew New York S3
  • Shakespeare And Hathaway S4
  • Better Call Saul S6
  • Kies Die Lewe S1
  • The Bold Type S5
  • The Incredible Dr. Pol S11
  • Escape To The Country S24

6 September 2022

  • Power Book III: Raising Kanan S2
  • History By The Numbers S1
  • Rust Valley Restorers S9
  • Love & Hip Hop Atlanta S9
  • FBI: Most Wanted S3
  • The Gardener S21

7 September 2022

  • The Julia Child Challenge S1
  • The Wheel S2
  • FBI: International S1

8 September 2022

  • Redemption S1
  • Narco Wars: Chasing The Dragon S3
  • Long Slow Exhale S1

9 September 2022

  • Nick Cannon’s Wild & Out S1
  • Private Eyes S5
  • Station 19 S5

10 September 2022

  • Birds Like Us
  • Lady Smith Black Mambazo
  • PS I Love You: Phumeza And Shota Wedding Special
  • My Life With A Disfigurement

11 September 2022

  • The King’s Man
  • Who Killed Biggie & Tupac?
  • Umakhelwane S2
  • Lenyalo Lethata S3
  • Aubrey Tau Success Stories S3
  • Little People, Giant World

12 September 2022

  • Miss Scarlet And The Duke S2
  • The Wife S1
  • Interior Design Masters S2B

13 September 2022

  • E! Live From The Red Carpet: The 2022 Primetime Emmy Awards
  • 74th Emmy Awards 2022
  • How Healthy Is Your Gut
  • Sagrada Familia: Gaudi’s Challenge
  • The Secrets Of Civilization S1
  • Mark Moriarty: Off Duty Chef S1

14 September 2022

  • Planet Insect S1

15 September 2022

  • Heels S1
  • Evil S3
  • Alone: Polar Bear Island S9
  • Inside The Mind Of A Con Artist S1
  • Tamar Braxton: Get Ya Life! S1
  • Inside The Mind Of A Serial Killer S2

16 September 2022

  • America’s Got Talent S17
  • Married To Medicine: Atlanta S9
  • Halloween Baking Championship S7

17 September 2022

  • The Tiger Rising
  • Coming Out S2
  • Bheka Sik’bambile S3
  • Zodwa Wabantu Uncensored S3

18 September 2022

  • Ghostbusters: Afterlife
  • Mary Kay Letourneau: Notes On A Scandal

19 September 2022

  • Come Dine With Me S18
  • Me Or The Menu S1
  • Head Over Heels S1
  • School Night Dinners S1

20 September 2022

  • Making Sense Of Cancer
  • America: Facts Vs Fiction S3 & 4
  • Australia By Design: Landscaped And Gardens S1B
  • Dream Homes Revealed S1

21 September 2022

  • Africa’s Desert Storms
  • Murder Inc: Pain, Love & Family S1
  • Farmhouse Fixer S2
  • The Weakest Link With Romesh Rangathan S1
  • Little Johnstons S8
  • Pool Kings S7
  • Inside The Force: 24/7 S2

23 September 2022

  • Geordie Shore Reunion S23
  • The Real Housewives Of Beverly Hills S11

24 September 2022

  • Young Rock S2
  • Ainbo: Spirit Of The Amazon
  • Ancient Aliens S14
  • Restaurant Impossible S20
  • Britain’s Got Talent S15

25 September 2022

  • Reminiscence
  • The Murdaugh Murders: Deadly Dynasty S1
  • The Bachelorette S18

26 September 2022

  • Redemption S1
  • The River S4
  • Last Of The Giants
  • Alaska The Next Generation S2
  • Hidden Passion S2
  • Gomora S2

27 September 2022

  • Super Surgeons: Between Life And Death S1
  • Cheap Irish Homes S2

28 September 2022

  • Naked And Afraid XL: Frozen S8
  • Running Wild With Bear Grylls: The Challenge S1
  • Houvrou Of Trouvrou S1
  • Pool Hunters S1

29 September 2022

  • Flip To A Million 

30 September 2022

  • Musiekpaniek S8

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies