Menu terloops
In Sepies [17 Sep 2025]

Van skinder tot skaterlag: Die komiese koninginne in ons sepies


Suid-Afrikaanse sepies en telenovelas word gebou op drama, romanse, verraad en gebroke harte. Maar kom ons wees eerlik… wat sou al dié chaos sonder die sprankelende karakters wees wat tussendeur die drama vir al die humor sorg? Ons kyk na vyf van die snaaksste vroue wat tans in ons sepies te sien is.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Van skinder tot skaterlag: Die komiese koninginne in ons sepies

Van Erica se skerptong tot Pam se wilde planne, Angie se aansteeklike lag, Bonnie se skinderstories en Elise se ongefilterde eerlikheid – dié karakters laat ons nie net lag nie, hulle maak seker dat ons vasgenael voor die kassie bly. En in die wêreld van sepies, is dít die regte hustle.

Die komedie-koninginne in ons sepies gee vir kykers die ruimte om asem te skep wanneer dinge té intens raak. Dié grapjasse weet hoe om ’n toneel te steel. Hulle herinner ons dat lag werklik die beste medisyne is, selfs wanneer die lewe in Ruiterbosch, Pretoria of Gemoedsdrift skielik nogal rof raak.

Ons kyk na vyf van die snaaksste vroue wat tans in ons sepies te sien is.

1

Erica in Skemergrond (vertolk deur Shimmy Isaacs)

Erica, Skemergrond
As Erica in Skemergrond is Shimmy Isaacs ’n mengsel van humor, hart en skerp komiese tydsberekening. Foto: Skermgreep

Wanneer ’n komediant van Shimmy Isaacs se kaliber ’n sepierol aanpak, weet jy dit gaan magic wees. As Erica in Skemergrond is Shimmy ’n mengsel van humor, hart en skerp komiese tydsberekening. Erica het ’n skerp tong en skroom nooit om haar opinie te gee nie. Sy het die merkwaardige vermoë om mense op hul plek te sit, of dit nou klante of vriende wat ’n reality check nodig het is. Tog beland sy, ten spyte van haar goeie hart, dikwels in die ongemaklikste situasies – van verlief raak op die nuwe dominee tot die verkeerde ding sê op presies die verkeerde tyd. Van haar uitdrukkingsvolle gebare tot haar skerpsinnige one-liners, Shimmy se Erica bewys dat humor nie altyd ’n punchline nodig het nie. Dit gaan meer oor die oomblik besit, en sy besit elke toneel waarin sy verskyn.

2

Angie in Suidooster (vertolk deur Char Carrie)

Sepies, sepie, komedie, Suidooster, Angie, Char Carrie
Angie (Char Carrie) is die tipe karakter wat jou in spanning laat wag vir haar volgende verskyning. Foto: Skermgreep

Angie is ’n stormwind van selfvertroue. Sy is trots op wie sy is, en humor is verweef in elke deel van haar karakter – van haar over the top makeover-planne tot die manier waarop sy ’n gesprek met net een kyk kan stop. Haar aansteeklike lag is só uniek dat jy nie kan help om saam te lag nie, selfs al lag jy soms vir haar eerder as met haar. Angie is meer as net komiese verligting, sy is die spice in Ruiterbosch se alledaagse gang. Of sy nou stylraad gee (waarvoor niemand gevra het nie) of iemand met haar sass tot stilte bring… Angie is die tipe karakter wat jou in spanning laat wag vir haar volgende verskyning.

3

Pam in Diepe Waters (vertolk deur Tracey-Lee Oliver)

sepie, sepies, Pam, Diepe Waters
Tracey-Lee Oliver se Pam is ’n bol chaotiese energie in Diepe Waters. Foto: Skermgreep

As wilde idees ooit ’n poster girl nodig gehad het, sou dit Pam wees. Tracey-Lee Oliver se Pam is ’n bol chaotiese energie in Diepe Waters. Sy is uitspattig, waaghalsig en het nooit ’n tekort aan planne wat ewe veel briljant as bisar is nie. Van haar glansryke uitrustings tot haar “vertrou my, dit gaan werk”-schemes – Pam is die perfekte mengsel van onvoorspelbaarheid en humor. Haar gesinsinteraksies alleen is ’n meesterklas in komiese tydsberekening. Sy’s ’n hustler, ’n dromer en ’n komiese juweel.

4

Bonnie in Binnelanders (vertolk deur Antoinette Modise)

Bonnie, Binnelanders, Sepie, sepies
Bonnie (Antoinette Modise) is die tipe karakter wat jou nader laat staan as sy op die skerm is, want jy wéét iets buitensporig en snaaks wag op jou. Foto: Skermgreep

Elke werksplek het daardie een persoon wat almal se sake ken en in Binnelanders is dit Bonnie. Sy’s die klassieke office gossip, wat brokkies skinder vertel met net genoeg van ietsie ekstra om dit sappig te hou. Wat Bonnie egter werklik snaaks maak, is nie net die stories wat sy vertel nie, maar haar skok wanneer sy uitgevang word. Dit is asof sy, van alle mense, onskuldig is! Haar reaksies is goud werd en laat kykers gereeld skaterlag. Bonnie is die tipe karakter wat jou nader laat staan as sy op die skerm is, want jy wéét iets buitensporig en snaaks wag op jou. 

5

Elise in Binnelanders (vertolk deur Lindie Stander)

Elise, Binnelanders
Elise (Lindie Stander) bedoel altyd goed…maar beland gewoonlik self in die grootste moeilikheid. Foto: Skermgreep

Elise loop dalk nie elke dag die hospitaalgange vol nie, maar wanneer sy wel dit doen, is dit onvergeetlik. Met haar eerlikheid en geen filter, lewer sy lyne wat kykers êrens tussen cringe en uitbundig lag laat balanseer. Voeg haar legendariese geskarrel saam met beste vriendin Annetjie (Lorraine Burger) by, en jy het komiese chemie wat uniek is. Of sy nou as matchmaker probeer optree, in sake inmeng wat niks met haar te doen het nie, of planne maak wat dramaties skeefloop, Elise bedoel altyd goed…maar beland gewoonlik self in die grootste moeilikheid. Dis juis hierdie kombinasie van goeie bedoelings, chaos en ongefilterde waarheid wat haar ’n kykersgunsteling en ’n skat in Binnelanders se komiese kroon maak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies