Menu terloops

Vampire Academy S1

Op Showmax [Gepubliseer op 19 Mei 2023]


‘Vampire Academy’, gegrond op die gelyknamige boekreeks deur Richelle Mead, is deur dieselfde TV-skepper wat van ‘The Vampire Diaries’ ’n sukses gemaak het, na televisieformaat verwerk.

Kyk nou

Vampire Academy S1
Kyk lokprent

Vampire Academy is gegrond op die topverkoper-boeke uit die pen van die bekroonde skrywer Richelle Mead. Dit volg ook op die gelyknamige 2014-fliek.  

Die reeks is na TV-formaat verwerk en ontwikkel deur die TV-skepper Julie Plec. Plec is bekend vir haar werk op die immergewilde tiener-smartsaga-dramareeks, The Vampire Diaries, asook sy spin-offs, The Originals en Legacies

Die reeks se kreatiewe benadering is ook anders as dié van die fliek wat slegs een van die boeke as bronmateriaal en inspirasie gebruik het. Vir die TV-weergawe word al ses boeke in die reeks tesame as inspirasie vir die grondslag gebruik vir nuwe storielyne. Die storie draai egter steeds om Lissa en Rose en hul wedervaringe aan ’n spesiale kosskool. Daar moet Lissa leer hoe om ’n koninklike vampier te wees, en Rose word as haar beskermer opgelei. Saam-saam moet hulle die ins and outs van skoolpolitiek, liefde en magic aan St. Vladimir’s Academy navigeer terwyl hulle ook teen die bloedddorstige strigoi te staan kom. 

Paste Magazine skryf dat Vampire Academy dit regkry om ’n reeks te skep wat ligte politieke drama met die meer klassieke kenmerke van ’n supernatural tienerdrama te vermeng om só intrige en raaisels te skep.


Twee episodes word weekliks, vanaf Vrydag, 19 Mei 2023, op Showmax beskikbaar gestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies