Menu terloops

The Witcher S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 29 Jun 2023]


Ons moes amper té lank asem ophou vir hierdie een, maar siedaar, die nuutste seisoen van die heerlike fantasiereeks, ‘The Witcher’, is uiteindelik op Netflix beskikbaar.

The Witcher S1-3

Met die aanvang van die derde seisoen van The Witcher, is daar allerlei vyande op Geralt (Henry Cavill), Ciri (Freya Allan) en Yennefer (Anya Chalotra) se spoor. Terwyl Yennefer vir Ciri help om haar towerkragte baas te raak, probeer Geralt hierdie klein gesinnetjie van hom van toenemende bedreigings en gevaar uit alle oorde te beskerm. 

Indulge maar in hierdie laaste bietjie visuele genot van Henry Cavill se perfekte… beenstruktuur. Nee, dis nie die laaste seisoen van The Witcher nie, maar dit is wel die laaste keer wat Cavill as die magiese en magtige Geralt gaan verskyn. Hy word deur Liam Hemsworth vervang.

Die reeks se tweede seisoen het groot lof ingepalm, met talle resensente wat meen dat dit ’n groot verbetering op die eerste aflewering was – veral die karakterontwikkeling en vertelling self betref. Die kritici-konsensus op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes lui: “The Witcher se tweede seisoen brei uit op die eerste op al die beste maniere – en die belangrikste van als, dit bly ’n reuse-pret.”


Deel 1 van die derde seisoen is vanaf 29 Junie 2023 op Netflix beskikbaar. Die tweede deel van die seisoen sal na verneem word kort daarna vrygestel word. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies