Menu terloops

The Sex Lives of College Girls S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Mar 2025]


‘The Sex Lives of College Girls’ gee die ervarings van vier eerstejaarstudente met vermaaklike deernis weer. Kyk dit nou op Showmax.

Kyk nou

The Sex Lives of College Girls S1-3

Mindy Kaling, wat as ’n skrywer en akteur in die Amerikaanse weergawe van The Office haar voet in die baie mededingende TV-komediewêreld se deur gekry het, is tans on a roll. Haar mees onlangse TV-skeppings sluit in die uiters gewilde Never Have I Ever (op Netflix) en The Sex Lives of College Girls op HBO (plaaslik op Showmax).

Rozanne Els skryf in haar resensie:

“Dis nie net pittige (en o, dis uiters pittig) one-liners wat jou laat skater nie. Dis die inweef van onse harde, wrede, belaglike, soms absurd, soms ongelooflike alledaagse wees wat die grappe verhef. Dís standaard-praktyk in ’n Kaling-skepping, en so ook dan met The Sex Lives of College Girls.

Die reeks gee vier eerstejaarstudente se ervarings op universiteit met vermaaklike deernis weer. Of dit nou akademiese en finansiële druk is, eerste liefde, seks-positiwiteit, seksuele teistering, die soeke na self… Áls so eg en relevant en tematies ernstig. In iemand anders se hande sou dié reeks clichè kon wees, selfs ’n bietjie cringe. Kaling se karakters en hul stories is egter allesbehalwe.”

Die reeks se derde seisoen het vroeër vanjaar ten einde geloop, maar aanhangers wag nog geduldig om te hoor of daar ’n vierde seisoen gaan wees.


Al drie seisoene is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies