Menu terloops

The Sex Lives of College Girls S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Mar 2025]


‘The Sex Lives of College Girls’ gee die ervarings van vier eerstejaarstudente met vermaaklike deernis weer. Kyk dit nou op Showmax.

Kyk nou

The Sex Lives of College Girls S1-3

Mindy Kaling, wat as ’n skrywer en akteur in die Amerikaanse weergawe van The Office haar voet in die baie mededingende TV-komediewêreld se deur gekry het, is tans on a roll. Haar mees onlangse TV-skeppings sluit in die uiters gewilde Never Have I Ever (op Netflix) en The Sex Lives of College Girls op HBO (plaaslik op Showmax).

Rozanne Els skryf in haar resensie:

“Dis nie net pittige (en o, dis uiters pittig) one-liners wat jou laat skater nie. Dis die inweef van onse harde, wrede, belaglike, soms absurd, soms ongelooflike alledaagse wees wat die grappe verhef. Dís standaard-praktyk in ’n Kaling-skepping, en so ook dan met The Sex Lives of College Girls.

Die reeks gee vier eerstejaarstudente se ervarings op universiteit met vermaaklike deernis weer. Of dit nou akademiese en finansiële druk is, eerste liefde, seks-positiwiteit, seksuele teistering, die soeke na self… Áls so eg en relevant en tematies ernstig. In iemand anders se hande sou dié reeks clichè kon wees, selfs ’n bietjie cringe. Kaling se karakters en hul stories is egter allesbehalwe.”

Die reeks se derde seisoen het vroeër vanjaar ten einde geloop, maar aanhangers wag nog geduldig om te hoor of daar ’n vierde seisoen gaan wees.


Al drie seisoene is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies