Menu terloops

The Mystery of Marilyn Monroe: The Unheard Tapes

Op Netflix [Gepubliseer op 27 Apr 2022]


In hierdie dokumentêr bekyk ’n ondersoekende joernalis die raaiselagtige dood van Marilyn Monroe opnuut.

The Mystery of Marilyn Monroe: The Unheard Tapes

Marilyn Monroe het al vele dokkies geïnspireer. Net so is honderde boeke oor haar geskryf. Artikels, flieks… Sy was immers ’n ikoon – een wie se lewe en loopbaan steeds vir mense fassineer. Dié aktrise se dood is ook in gerugte en samesweringsteorieë onthul. Die raaisels is nimmereindigend.

In hierdie dokumentêr neem ’n ondersoekende joernalis die geheimsinnige dood van Marilyn Monroe in oënskou. Soos reeds genoem – nie juis ’n nuwe uittog nie. Tog, dié dokumentêr het ’n eiesoortige trefkrag.

’n Prentjie van haar laaste weke, dae en ure voor haar dood word met nuwe oudio-opnames van onderhoude met diegene naaste aan haar geskets. Dié uitgebreide gesprekke weef die vrae rondom haar dood tot ’n meer intieme raaisel-tappisserie deur lig te op ’n troebel lewe te werp. Die glans het, oënskynlik, die Marilyn Monroe se tragiese werklikheid verskans.

Vanaf 27 April.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies