Menu terloops

The Man Who Fell to Earth S1

Op DStv [Gepubliseer op 11 Jul 2022]


‘The Man Who Fell to Earth’ volg ook op die 1976-fliek waarin David Bowie destyds die hoofrol gespeel het.

The Man Who Fell to Earth S1

The Man Who Fell to Earth is gegrond op die gelyknamige 1963-roman deur die skrywer Walter Tevis. Die reeks spog met ’n sterbelaaide rolverdeling wat Chiwetel Ejiofor, Naomie Harris en Bill Nighy insluit.

Die storie draai om ’n alien, Faraday (Ejiofor), wat Aarde toe kom met een doel voor oë: om sy eie spesie en planeet te red. Daarvoor het hy die hulp van ’n wetenskaplike (Naomie Harris) nodig. Hulle is onwaarskynlike spanmaats – hy probeer om meer “menslik” te word; terselfdertyd het sy haar geloof in die mensdom verloor. 

Die reeks het ’n punt van 86% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Wrap wat dit loof vir sy “pragtige oomblikke van rou menslikheid.”

Kyk weeklikse episodes van The Man Who Fell to Earth vanaf Maandag 11 Julie om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. As jy daarvan hou, kyk ook Showmax se plaaslike sci-fi-reeks, Pulse.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies