Menu terloops

The Man Who Fell to Earth S1

Op DStv [Gepubliseer op 11 Jul 2022]


‘The Man Who Fell to Earth’ volg ook op die 1976-fliek waarin David Bowie destyds die hoofrol gespeel het.

The Man Who Fell to Earth S1

The Man Who Fell to Earth is gegrond op die gelyknamige 1963-roman deur die skrywer Walter Tevis. Die reeks spog met ’n sterbelaaide rolverdeling wat Chiwetel Ejiofor, Naomie Harris en Bill Nighy insluit.

Die storie draai om ’n alien, Faraday (Ejiofor), wat Aarde toe kom met een doel voor oë: om sy eie spesie en planeet te red. Daarvoor het hy die hulp van ’n wetenskaplike (Naomie Harris) nodig. Hulle is onwaarskynlike spanmaats – hy probeer om meer “menslik” te word; terselfdertyd het sy haar geloof in die mensdom verloor. 

Die reeks het ’n punt van 86% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Wrap wat dit loof vir sy “pragtige oomblikke van rou menslikheid.”

Kyk weeklikse episodes van The Man Who Fell to Earth vanaf Maandag 11 Julie om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. As jy daarvan hou, kyk ook Showmax se plaaslike sci-fi-reeks, Pulse.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies