Menu terloops

The Lincoln Lawyer S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 6 Jul 2023]


In die tweede seisoen kruis Mickey se paaie met dié van ’n vrou wat dan sommer gou ’n kliënt word as sy van moord beskuldig word.

The Lincoln Lawyer S1-2
Kyk lokprent

Ná sy groot sukses in die vorige seisoen is Mickey (Manuel Garcia-Rulfo) se regspraktyk – met hom wat meerderheid van sy werk van vanuit die agterste sitplek van sy Lincoln doen, eerder as sy kantoor  –  in hoë aanvraag.

Mickey en sy chauffeur Izzy Letts (Jazz Raycole) kan in die reeks gesien word in ’n steenkoolkleurige 2019 Navigator met die spesiale nommerplaat “DISMISSD”. Of in sy blou 1963 Lincoln Continental-afslaandak met ’n “NTGUILTY”-nommerplaat. Maar Mickey skuif ook sélf gereeld agter die stuur van die motors in.

In die tweede seisoen kruis Mickey se paaie met dié van ’n vrou wat dan sommer gou ’n kliënt word as sy van moord beskuldig word. Maar wie die vrou is, word nog dig geheim gehou tot waar die reeks begin.

Dié reeks, een van Netflix se gewildste, is gegrond op die topverkoperboeke deur Michael Connelly. Die tweede seisoen is dan juis op die vierde boek van Connelly se The Lincoln Lawyer-reeks, The Fifth Witness, gegrond. Dié boek is terloops Connelly se 23ste boek wat die lig gesien het.

Wat dalk ook bygedra het tot die reeks se sukses is dat die bekroonde veteraan TV-skepper, David E Kelley, ook hier as skepper dien. Kelley is bekend vir sy regsdramas, waaronder Boston Legal, The Practice, en Ally McBeal

Ook onder die rolverdeling tel Neve Campbell, Becki Newton, Jazz Raycole en Angus Sampson. 

Springmieliefeite

Aanhangers van die fliek, The Lincoln Lawyer (2011), het natuurlik gehoop dat Matthew McConaughey, wat die hoofrol in die fliek vertolk het, ook vir die reeks ingespan sou word.

Manuel Garcia-Rulfo was nie Netflix se aanvanklike keuse om die rol van Mickey Haller te vertolk nie. Logan Marshall-Green (24, The O.C.) was glo die aangewese kandidaat. Maar toe tree die wêreldwye pandemie in en veroorsaak produksieprobleme.

Eind goed, als goed in soverre dit die netwerk en Garcia-Rulfo betref. Dit was asof hy vir die rol gemaak was. Sy eie herkoms het ook ’n rol gespeel want hy is van Mexikaanse afkoms en sy ma Latyns-Amerikaans. Connolly het hom as die ideale persoon beskryf om die karakter van Micky te vertolk omdat hy getrou aan die boekkarakter sou bly.


Vanaf Donderdag 6 Julie 2023 op Netflix. Deel 2 sal op 3 Augustus 2023 volg.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies